top of page
  • Izak de Vries

October Sky op SABC 3


Vanaand, Sondag 11 September 2011, is die film October Sky op SABC 3 om 19h30.

Die film vertel die ware verhaal van Homer Hickam, die seun van ’n steenkoolmynwerker. Die seun droom daarvan om eendag vuurpyle te maak, en dan begin hy dit doen.

Hickam was die man wat uitlaatstelsel van vuurpyle vir eerste keer kon verstaan – en reggekry het. Hy was nog ’n tiener toe dit gebeur het. Alle vuurpyle volg deesdae sy uitvinding.

Hickam word ondersteun deur sy onderwyser, maar sy pa kan glad nie die nut daarvan sien om verder skool te gaan nie. Daar ís werk in die myne en basta.

Dit is geen geheim nie dat Homer Hickam later vir Nasa gewerk het, maar hoe hy daar gekom het, moet julle maar self kyk.

Ek en my seun gaan saam-saam kyk vanaand. Ek moedig julle aan om dieselfde te doen! Hierdie verhaal vertel jou baie van mense met deursettingsvermoë – en van onnies wat glo in hulle werk.

2 views

Recent Posts

See All

© 2022 LitNet. Alle regte voorbehou | All rights reserved

bottom of page