top of page
  • Uitmelkbos

OBELISK VAN WAARHEID

Een grondwaarheid troon soos ‘n obelisk uit bo al hierdie week se miljuisende woorde oor die moord op Eugene Terre’blanche, Afrikanerwoede, Julius Malema se onbesonnhede, Jacob Zuma se katvoet-lopery en wat nog. Dit is dat donker dae op Suid-Afrika wag as verdere verwydering tussen die rasse ons voorland is.

As Suid-Afrika sou brand, is al sy inwoners – swart en wit, militantes en vreedsames, opruiers en versoeners – immers saam in die verloorkamp. Dit behoort elke verstandige mens tog te besef.

Gelukkig was al die uitsprake in hierdie week van waansin darem nie ontmoedigend nie.

Prof. Andreas van Wyk, oud-rektor van die Maties, se kort en kragtige antwoord op Litnet op die vraag oor watter reperkussies hy op die moord op die AWB se “Groot Karwats” voorsien, was werklik bemoedigend.

Sy verwagting – en hoop – “is dat dit die middelgrond in ons samelewing sal versterk en sal bydra tot die marginalisering van die ekstremiste”.

Hierdie marginalisering het, volgens hom, reeds grotendeels ten opsigte van die ver-regse groeperinge plaasgevind. Hy verwag dit sal toenemend ook aan die linkerkant begin gebeur, waar mense nog onder die “struggle”-vlag bymekaar gehou is, ook al deel hulle nie die oortuigings van die Malemas van ons land nie.

“Dit skep geleenthede vir sterk leierskap binne en buite die ANC.”

Prof. Andreas, ter wille van ons land hoop ek van harte jy lees die tekens reg.

Mag die ANC se skerp verklaring aan “kameraad Malema” se adres ‘n nuwe seisoen van sterker leierskap uit daardie oord inlui.

Maar mag ons almal tot nugterheid gedwing word en besin oor ons eie bydrae tot versoening – of polarisasie.

2 views

Recent Posts

See All

Probleme probleme

Die hoop het toe nie beskaam nie. Rapport het afgelope Sondag vorendag gekom met ’n noemenswaardige resensie – Trisa Hugo se skrywe oor Veldhospitaal 12, die nuwe roman deur Marinda van Zyl. Boek24? W

SKOONHEID SONDER SKROOMHEID

Op bladsy drie van Die Burger vanoggend verskyn o.m. berigte oor die Mej. Wệreldwedstryd waarin Shudu Musida SA se kroon dra, en ‘n motorfiets-uitstappie na die Hartebeespoortdam waarvan die afwesighe

© 2022 LitNet. Alle regte voorbehou | All rights reserved

bottom of page