top of page
  • Uitmelkbos

O KOEK!


‘n Melktert wat ‘n wereldrekord kan wees, is op Wellington gebak, lees ek in DB: sowat 200 liter melk, 3m in deursnee. Op Coligny is ‘n kameelperd gebraai: 10 ton hout en 80 liter marinade.

Herinner my weer aan die vrugtekoek van Die Volksblad-Kunsmark op sy vyfde verjaardag op 2 Mei 1987 – amper 30 bewoë jare gelede. Op die foto word Mariette Brummer (4) en Elindi van Rensburg (5) verdwerg deur ‘n berg Kunsmark-koek. In daardie koek was 15 bottels brandewyn (geen tikfout nie). Hier is die volledige resep:

70 kg koekmengsel / 30 kg meelblom / 15 kg suiker / 60 dosyn eiers / 15 bottels brandewyn / 18 kilogram botter / 15 kilogram kersies /9 kilogram neute.

Die jare 80 was vir die Kunsmark ‘n goue dekade en sy vyfde verjaardag was ‘n feestelike dag in Koningspark, daar neffens die Vrystaat-stadion. Gade Tokkie was destyds die organiseerder. Sy en haar helpers het 5 000 porsies koek uitgedeel. (Elindi, die netjie met die vlegsels regs op die foto) is, terloops, ver gevorder met haar doktorale studies op Stellenbosch.)

#hennievandeventer #volksbladkunsmark #melkbos #reusekoeke #brandewyn

1 view

Recent Posts

See All

Die hoop het toe nie beskaam nie. Rapport het afgelope Sondag vorendag gekom met ’n noemenswaardige resensie – Trisa Hugo se skrywe oor Veldhospitaal 12, die nuwe roman deur Marinda van Zyl. Boek24? W

Op bladsy drie van Die Burger vanoggend verskyn o.m. berigte oor die Mej. Wệreldwedstryd waarin Shudu Musida SA se kroon dra, en ‘n motorfiets-uitstappie na die Hartebeespoortdam waarvan die afwesighe

bottom of page