top of page
Uitmelkbos

NUT VAN ‘N PETISIE

‘n Magdom woorde word in onkunde neergepen. Myne wat volg, val besmoontlik ook in daardie kategorie.

Na aanleiding van die 509 skrywers se petisie teen die beoogde mediawetgewing het die uwe egter ‘n kwelling, wat hy tog maar gaan uitspreek.

Oor die 509 se goeie bedoelinge gaan dit nie, ook nie om die meriete van die saak waaroor hulle petisioneer nie – natuurlik is dit ‘n kwade inbreuk op die grondwet wat dreig – maar wel oor die nut van so ‘n kollektiewe protes.

Uit beginsel sit ek nie my naam op petisies nie – al is ek dit 101% eens met die strekking daarvan – omdat ek eenvoudig nie glo dat enigiemand hom aan ‘n petisie steur nie.

As koerantman het ek ook geleer jou platform is jou koerant – niks anders nie.

Ek weet in elk geval nie van ‘n petisie wat al die doel bereik het waarmee dit in die lewe geroep is nie. Die ontvangers vee hulle daaraan af. Wat het byvoorbeeld van die petisie teen misdaad geword wat met kruiwaens by die regering aangery is? Ek is ongelukkig onbewus van resultate.

As ek mistas, word ek graag met vers en kapittel op my fout gewys. Ek sal my haas om ekskuus te vra.

Tot dan sal ek bly glo n petisie is eintlik niks meer nie as ‘n instrument om idealistiese mense goed te laat voel. Maar om goed te voel, al is dit net vir ‘n kort rukkie, is natuurlik ook nie iets mee verkeerd nie – dit moet ek darem bysê.

1 view

Recent Posts

See All

Probleme probleme

Die hoop het toe nie beskaam nie. Rapport het afgelope Sondag vorendag gekom met ’n noemenswaardige resensie – Trisa Hugo se skrywe oor...

SKOONHEID SONDER SKROOMHEID

Op bladsy drie van Die Burger vanoggend verskyn o.m. berigte oor die Mej. Wệreldwedstryd waarin Shudu Musida SA se kroon dra, en ‘n...

Comments


bottom of page