Dat die ouderdom nie vir sissies is nie, is ‘n taanmlik oorwerkte cliché.
Gewoonlik verwys ons kieriekommando-ouens daarmee na die liggaamlike skete wat, helaas, saam met die stygende jare, soos hulle sê, ‘n opwaartse kurwe toon.
Die swarigheid van ouer word. behels egter nie net pyne, kragte wat minder word en die aftakeling van verstand, spier en weefsel nie.
Vandeesweek kry ek ‘n SMS van ‘n bekende mediafiguur van ‘n vorige generasie – ‘n naam wat in elke huis bekend was.
Dis ‘n noodkreet, letterlik en fuurlik. Dié vriend is in ‘n geldelike gemors (sy woorde). Reuse-uitgawes aan die mediese kant en ‘n makelaar wat “droog gemaak het” het hom by die punt dat hy om donasies moet aanklop.
Natuurlik is dit vir hom ‘n diepe verleentheid, en ek sou nooit droom om die naam te verklap nie. Ná nadenke sit ek dit egter (naamloos) op my blog, want party van ons kla werklik met die witbrood onder die arm.
Hoe swaar ‘n ou mens getref kan word – só swaar dat jy per SMS donasies moet vra – behoort by elkeen in te sink wat sommer vir elke bakkatel treurmares wil aanhef.
Ekself is diep getref.
Comentários