top of page
Uitmelkbos

NOKIA IN DIE NOOD

‘n Selfoon het een eienskap wat dit verkiesliker maak om dit te verloor as bv. jou motorsleutels. Dit kan kommunikeer.

Sodra jy besef jy het jou foon verloor, druk jy jou nommer. Die geluid verklap ten minste die

omgewing waarin jou soektog moet konsentreer.

‘n Vriendin het dieselfde resep gevolg toe sy nie kan onthou waar sy haar foontjie neergesit het nie.

Die arme ding het gereageer met ‘n roggelgeluid asof dit gewelddadig verdrink word of iets.

Dronkgeslaan, het sy haar soektog voortgesit.

Die foon was in haar handsak, maar dit was nie al wat in haar handsak was nie. Die koue, nat, klewerige spul waarin sy haar vinger gesteek het, was die oorblyfsels van haar roomys wat ook tussen neus en ore verdwyn het.

Selfone en roomys akkordeer nie. Sy moes ‘n nuwe kry.

Ander vriende se vermiste selfoon het net een kwaak gegee en stil geraak. Volgende pogings om die verlore instrument te skakel, het op niks uitgeloop nie.

Die volgende besoek aan die vrieskas het die geheim opgeklaar. Die foon het uit die vader van die huis se hempsak geval toe hy oor die vrieskas buk.

Dit was spierwit toe hulle dit kry.

Die moeder van die huis is ‘n kreatiewe mens.Die veryste selfoon is dadelik met die hitte van ‘n elektriese winterlaken gelawe.

Dit het na ‘n tydjie jubelend sy lui herwin.

1 view

Recent Posts

See All

Probleme probleme

Die hoop het toe nie beskaam nie. Rapport het afgelope Sondag vorendag gekom met ’n noemenswaardige resensie – Trisa Hugo se skrywe oor...

SKOONHEID SONDER SKROOMHEID

Op bladsy drie van Die Burger vanoggend verskyn o.m. berigte oor die Mej. Wệreldwedstryd waarin Shudu Musida SA se kroon dra, en ‘n...

Comments


bottom of page