Uit die aard van my werk is ek steeds daagliks verstom oor dinge wat rondom ons aangaan, wat die gemiddelde mens nie van bewus is nie.
Heksery, grootskaalse korrupsie, nepotisme, ongelooflike stupid mense, selfs donkies wat grafstene omstoot en kinders wat bokke verkrag. En dooie honde eet wat in die straat doodgery is.
Alles aan die orde van die dag hier. Die aanranding op my in Maart verlede jaar waarvan ek julle onlangs vertel het, het seker ook 'n groot aandeel in my opinie van hierdie land se toekoms.
Ek is gevolglik nie juis bekend vir my optimisme nie. Vir my positiwiteit wel (ek dink rêrig daar is 'n verskil).
Nietemin... ek sê altyd ek's nie 'n pessimis nie, net 'n optimis met ondervinding.
Beelde soos hierdie staaf maar net my teorie:
Gelukkig leen ons situasie hom tot baie humor, wat my behoud is om nie totaal gaga te raak nie. Hier is 'n paar van my gunstelinge:
Opmerkingen