‘n Boer, Piet, was in ‘n motorongeluk. In die hof is die vervoermaatskappy se slim prokureur besig om hom te ondervra.
Prokureur: “Het jy, op die ongelukstoneel, gesê: ‘Ek’s orraait?'”
Piet: “Wel, kom ek vertel jou wat gebeur het. Ek het net my gunstelingkoei, Bessie, op die sleepwa gelaai en…”
Prokureur val hom in die rede: “Ek vra nie vir detail nie, antwoord net die vraag: Het jy op die ongelukstoneel gesê: ‘Ek’s orraait!’ Ja of nee?”
Piet: “Wel, ek het net vir Bessie op die sleepwa gehad en ek was skaars op die pad…”
Prokureur val hom weer in die rede en sê aan die regter: “Edelagbare, ek probeer net die feit vasstel dat hierdie man op die ongelukstoneel, aan die verkeersman gesê het dat hy ‘orraait’ is. Nou probeer hy my kliënt dagvaar. Ek glo vas hy is bedrieër. Sê asb vir hom hy moet net die vraag beantwoord.”
Teen hierdie tyd is die regter al redelik geinteresseerd in Piet se storie oor Bessie, en hy sê vir die prokureur: “Ek wil graag sy storie oor die koei hoor.”
Ou Piet bedank die regter en gaan voort met sy storie. “Wel, soos ek gesê het, ek het net vir Bessie op die sleepwa gelaai en begin ry toe daar skielik ‘n moerse trok van die kant af kom, ‘n stopstraat ignoreer en my bakkie en sleepwa in hulle moer in ry. Ek is eenkant toe gegooi in ‘n sloot en Bessie anderkant toe in ‘n ander sloot. Ek was seer, nogal erg seer, en kon nie beweeg nie.”
“In elk geval, toe hoor ek vir Bessie kerm en ek besef sy is in erge pyn. Nou, net na die ongeluk, kom daar ‘n spietkop op die toneel aan en hy hoor ook Bessie se gekerm. Hy gaan toe nader aan haar.
Nadat hy haar toestand gesien het, trek hy sy pistool uit en skiet haar tussen die oë.
Toe kom die spietkop oor die pad na my kant toe, met sy pistool steeds in sy hand, en hy vra: “Hoe voel jy?”
“Nou vertel vir my, meneer prokureur, wat de !@#$% sou jy vir hom gesê het?”
Comments