top of page
  • Izak de Vries

Nog ’n paar Irma Joubert-kiekes

Irma Joubert het op 6 November twee keer in Pretoria opgetree om Tolbos bekend te stel.

13 11 07 irma joubert_091

Die oggend het sy ’n Boek-en-Koek-geleentheid gehad by o’Galito, saam Graffiti in die Zambezi Junction. Die tafels het gekreun.

13 11 07 irma joubert_095

Koek was daar daar genoeg.

13 11 07 irma joubert_096

Die bestuurder van o’Galito het self seker gemaak almal kry genoeg.

13 11 07 irma joubert_097

Hier is Irma saam met Elsa Liebenberg van Graffiti.

13 11 07 irma joubert_099

Irma se ma het die geleentheid bygewoon. Hier is Irma se seun, die politieke joernalis Jan-Jan Joubert, saam met sy ouma.

13 11 07 irma joubert_103

Die drie generasies op een foto.

13 11 07 irma joubert_114

13 11 07 irma joubert_111

Die plek was gepak.

13 11 07 irma joubert_138

Hier is Leonie van Rensburg (regs), die eienaar van Graffiti in die Zambezi Junction, besig om geskenke uit te deel saam met Suzann Prinsloo, bemarker vir Graffiti. Irma het ook ’n verhaal in Spoorvat, wat hier weggee word.

13 11 07 irma joubert_145

Daarna kon Irma en Jan-Jan gesels.

13 11 07 irma joubert_153

Irma het ná die tyd gaan boeke teken in die winkel.

13 11 07 irma joubert_155

Die tou om boeke te koop was baie lank.

13 11 07 irma joubert_165

Hier is Irma saam met die span.

Raai wat, ek was ook daar. Leonie hierdie kiekie geneem.

13 11 07 irma joubert_171

Is hulle nie mooi nie? Al drie in die trilogie: Ver wink die Suiderkruis (1), Tussen stasies (2) en Tolbos (3).

13 11 07 irma joubert_173

Later daardie aand het Irma opgetree by Graffiti in die Lynnwood Bridge-sentrum. Ook hierdie winkel was gepak.

13 11 07 irma joubert_177

Hier is Irma en Jan-Jan saam met Sonja Janse van Rensburg, die eienaar van Graffiti in die Lynnwood Bridge-sentrum.

13 11 07 irma joubert_180

Hier is Frans Swart van Maroela Media saam met Sonja.

 * * *

Terloops. Al hierdie fotos geneem met 'n Canon 7D & 'n 24 - 105 mm f4 IS L USM lens, saam met 'n Speedlight 430 II-flits.

As ek net een lens kan neem, is die 24 - 105 dikwels die antwoord, tensy ek weet ek in baie lae lig sonder 'n flits moet werk, dan sal ek soms die 24 - 70 mm f2.8 L USM kies.

2 views

Recent Posts

See All

Comments


bottom of page