top of page
  • Izak de Vries

Nog ’n ou drag queen daarmee heen

Poppie se inskrywing oor mense wat nie van geweet word nie, dwing my nou om ’n kort inskrywing te maak. ’n Baie besondere, maar baie sad mens is vannag om 02h30 oorlede.

Ek sal later meer oor haar sê, maar hier is die sinopsis: dis iemand wat as man gebore is, maar haar hele lewe lank ’n vrou wou wees.

En uiteindelik het sy gesterf sonder om ooit volledig te behoort.

My feite is tans te karig. Ek gaan eers, met my geliefde se hulp, meer uitvind voor ek meer sê. Maar, soos Poppie sê, en soos Henk sê in Etienne van Heerden se 30 nagte in Amsterdam: IEMAND MOET SOMS PRAAT OOR HULLE WAAROOR NOOIT GEPRAAT WORD NIE.

3 views

Recent Posts

See All

© 2022 LitNet. Alle regte voorbehou | All rights reserved

bottom of page