top of page
  • Uitmelkbos

NAT TOT OOR SY ORE

Nie net nat agter sy ore nie, maar van kop tot tone.

Dit beskryf die eenjarige Christopher toe hy agter sy boeties, Jacob en Thomas (amper 6) aan op ‘n ontdekkingstog die Atlantiese oseaan in is.

Doel van die ondersoek: om proefondervindelik vas te stel of Melkbos se water werklik so koud is soos mense glo.


Bevinding: wat praat jy man!

Voetnota: moet rapporteer, nie sonder grootvaderlike trots nie, dat die see vir die kordate Christopher klaarblyklik nie vrese inhou nie. Die branders kan maar kom – dis eerder water op sy meul.

Toe die eerste brander sy vet beentjies onder hom uitvat, het Tokkie gestorm soos n wafferse lid van die Seereddingsinstituut. Christopher het proesende kop bo water gekry en dadelik dieper gebeur.

Toe die swem-avontuurtjie verby was, was dit ‘n omstrede besluit. Die pro-faksie moes voet inboor in die nat sand.

Wat die anti-faksie aan gewig ontbreek het, is met volume ingehaal.

Hoop maar die water is vandag weer so verfrissend. Dan maak selfs oupa ook graag weer sy enkels nat.

1 view

Recent Posts

See All

Probleme probleme

Die hoop het toe nie beskaam nie. Rapport het afgelope Sondag vorendag gekom met ’n noemenswaardige resensie – Trisa Hugo se skrywe oor...

SKOONHEID SONDER SKROOMHEID

Op bladsy drie van Die Burger vanoggend verskyn o.m. berigte oor die Mej. Wệreldwedstryd waarin Shudu Musida SA se kroon dra, en ‘n...

Σχόλια


bottom of page