top of page
  • Izak de Vries

Naamgewing sonder ’n eksterne God

Ek was vandag by ’n baie interessante naamgewingseremonie. Die egpaar het, om verskeie redes, gevoel dat hulle nie ’n tradisionele doop wou hê vir hulle dogtertjie nie, maar hulle wou ’n ritueel hê om haar in die kring van welwillendes te verwelkom.



Kevin Light, hierbo, het die diens gelei.

Kevin is ’n toenmalige Metodistedominee wat deesdae sy bediening doen onder diegene wat graag ’n vastigheid in hulle lewe wil hê sonder om vasgevang te word in die ideologieë van die wêreldgodsdienste. Hy doen ook berading.

Kevin het drie gebede gedoen wat na poësie geklink het, maar hy het nooit direk na ’n “eksterne God” verwys nie (sy woorde in ’n gesprek na die tyd).

Ek is besig om te vra om meer op die blog te sit, maar ek kan uit die aard van die saak nie ander mense se persoonlike goed deel sonder toestemming nie.

1 view

Recent Posts

See All

Comments


bottom of page