Dis baie lekker as jou outeurs pryse wen. Dit het pas weer gebeur. Keina Swart (die outeur) en Maja Sereda (die illustreerder) is die wenners van ’n ATKV-Woordveertjie in die selfleeskategorie, Graad 1–3 vir Hoekom praat grootmense so snaaks?
Die boekie handel oor spreekwoorde, en die manier waarop grootmense hierdie gesegdes gebruik sonder om daaroor na te dink. Dan kom ’n dogtertjie met ’n groot, pienk bril, genaamd Daniella Willenella Moenieskella Vermeulen, beter bekend as Prinses Vlooi, en wýs die grootmense op hulle vreemde taalgebruik.
Die teks is skreeusnaaks, maar ook ’n wonderlike manier om aan kinders die waarde van metafore en spreekwoorde te leer.
Iets vir kabouters!
Kliek hier vir meer inligting.
TITEL: Hoekom praat grootmense so snaaks?
OUTEUR: Keina Swart
ILLUSTREERDER: Maja Sereda
BINDING: Hardeband, 40 bladsye, 210 x 210
ISBN: 9781869193416
VERSKYN: 2010
PRYS: R100.00
Vra jou boekwinkel om dit te bestel (hulle moet!), of klop aan by Kalahari.net.
Comments