top of page
Uitmelkbos

‘n Sug van verligting

Erika de Beer bespreek Boomkastele, deur Schalk Schoombie. (Boeke 24) Erika de Beer het meer aanklank by hierdie roman gevind as Joan Hambidge. Sy gee self ’n aanduiding hoekom: Die roman speel af in die voorstede van die Witwatersrand, wat vir De Beer haar na aan die hart lê. Gevolglik voel sy haar nie vervreem van die roman, soos van ander onlangse skryfwerk oor die buiteland, plaas of die vlug Kaap-toe nie. “Dis armoede-, oorlog-, apartheid- en droogtevry,” verklaar sy met groot tevredenheid. Genadiglik hang die De Beer-onderrok net vir die laaste vyf paragrawe van die resensie uit, en teen daardie tyd het sy al genoeg gesê om die roman ’n bekoring te gee wat selfs Kaapse intellektuele sal aanstaan. ’n Mens slaak saam met die outeur ’n sug van diepe verligting.

2 views

Recent Posts

See All

Probleme probleme

Die hoop het toe nie beskaam nie. Rapport het afgelope Sondag vorendag gekom met ’n noemenswaardige resensie – Trisa Hugo se skrywe oor...

SKOONHEID SONDER SKROOMHEID

Op bladsy drie van Die Burger vanoggend verskyn o.m. berigte oor die Mej. Wệreldwedstryd waarin Shudu Musida SA se kroon dra, en ‘n...

Comments


bottom of page