top of page
  • Uitmelkbos

‘N SAALBEK, GEDORIEWAAR!


Terwyl dit op HvD se blog die seisoen vir gevleueldes is, hier is ene wat ek reggekry het na die kleitrappery met die lalreier en die swartwou.

Ja, dis ‘n saalbekooievaar wat hier luiters in die teerpad afstap. Met die sierlike saalbek kan niemand egter eintlik ‘n fout maak nie – tensy hy ‘n aap (woudapie?) is.

Die saalbek het ons raakgeloop op die Doispane-teerpad tussen die Phabenihek en die Krugerhek. Trouens, daar was twee in die pad, maar nooit na genoeg aan mekaar vir ‘n groepfoto nie.

Daarmee dan eers oor en uit. Ons maak die die Van Deventer-voelgids toe vir ‘n ruk.

NASKRIF: Wie stem nie saam nie dat die saalbek uitgeknip lyk vir die rol om babatjies vir die reenboognasie se mammas te bring?

2 views

Recent Posts

See All

Probleme probleme

Die hoop het toe nie beskaam nie. Rapport het afgelope Sondag vorendag gekom met ’n noemenswaardige resensie – Trisa Hugo se skrywe oor...

SKOONHEID SONDER SKROOMHEID

Op bladsy drie van Die Burger vanoggend verskyn o.m. berigte oor die Mej. Wệreldwedstryd waarin Shudu Musida SA se kroon dra, en ‘n...

コメント


bottom of page