top of page

‘N OU BOEK BRING VREUGDE

Uitmelkbos

Wat maak dat ‘n mens ‘n ou boek na jare weer optel, daarin blaai, begin lees en dan end-uit opnuut geboei word?

Wens ek weet. In matriek, in 1957, was een van my voorgeskrewe werke daardie Paul Gallico-meesterstuk The Snow Goose. ‘n Eksemplaar daarvan staan in ‘n boekrak in die gang waar ek nie naastenby so gereeld kom soos in die studeerkamer met sy oop boekrakke nie.

Iets dryf my egter nou die dag om die boekrak te gaan oopsluit, The Snow Goose tussen die motbolle op te diep en dit van hoek tot kant te verslind. Watter genot! Die eenvoud en egtheid van dié klassieke oorlogslegende het my in 2009, soos in 1957, aangegryp.

‘n Gedig oor die eensame boggelrug Philip Rhayader, sy geliefde Fritha en dié manjifieke voël was in my matriekjaar een resultaat van my bewondering vir Gallico se werk. In die eindeksamen kon ek my gedig neerpen in antwoord op die vraag: “Tell the story of The Snow Goose in your own words”. Dit het seker gehelp dat ek ‘n A vir Engels behaal het.

Toe ek die boek neersit, het ek in ‘n oorvol kas tussen X-straalplate, manuskripte en halwe manuskripte, plakboeke, ou koerante en tydskrifte, ander dokumente en dies meer die Volkie-jaarblad van 51 jaar gelede gaan uithaal. (Ek was op Potchefstroom tot matriek en is toe Tukkies toe.)

Die gedig oor The Snow Goose het ongelukkig heelparty gebreke – dit besef ek nou beter as eers – maar vir wat dit werd is, hier’s hy:

White were the sails in the moonlight

Of the small boat afloat in the bay,

And furious flames licked to heaven

And smoke clouds wandered away.

But a white bird came flying and honking

Through the darkening mist in the sky,

On the brink of destruction it hovered

With a queer sense of fear in its cry.

The boat had a ghostly appearance:

Its sails were withered and torn,

And the man at the tiller was shouting,

And the white bird was blowing its horn.

The man was a hunchback and ugly;

His hands were bent at the wrist, like a claw;

But his face had a glow of excitement

As only his love for the hunted could draw.

He saved several hundreds of soldiers

And sailed, with the snow goose above,

Back to the lighthouse at Aelder

And to Fritha, the girl of his love.

An officer found him abandoned,

A bird was perching the rail;

The hunchback was badly machine gunned,

To return to his love he did fail.


Gaan lees gerus The Snow Goose – of lees dit weer. Ek wed jou dit sal jou laat goed voel.

1 view

Recent Posts

See All

Probleme probleme

Die hoop het toe nie beskaam nie. Rapport het afgelope Sondag vorendag gekom met ’n noemenswaardige resensie – Trisa Hugo se skrywe oor...

SKOONHEID SONDER SKROOMHEID

Op bladsy drie van Die Burger vanoggend verskyn o.m. berigte oor die Mej. Wệreldwedstryd waarin Shudu Musida SA se kroon dra, en ‘n...

Commenti


© 2022 LitNet. Alle regte voorbehou | All rights reserved

bottom of page