top of page

’n Naweek met Toast Coetzer

  • Izak de Vries
  • Oct 17, 2009
  • 1 min read

Naweek deur Toast Coetzer

As julle wil weet wat om volgende naweek te doen, hier is ’n voorstel: Spandeer dit saam met Toast Coetzer.

As jy die ou wil gaan opsoek, cool. As jy egter besluit sy baard is te kielierig in jou nek (of jy doen nie mans nie), koop dan sy Naweek. Jy gaan ’n naweek lank baie plesier hê.

Naweek is ’n spanningsroman wat ’n mens nogal laat dink. Daar’s heelwat seks in, baie dwelms, ontsettend veel alkohol en woeste rock ’n roll.

Klink dít na ’n wilde naweek? Sê jy.

Coetzer se hoofkarakter het egter ’n probleem: Nie alles verloop hierdie naweek so glad soos hy dit wou hê nie. Maanhaar, ons fiktiewe held, is op die kruin van sy musiekloopbaan. Hy het alles: Vroue, geld, ’n vinnige motor, getroue ondersteuners ... Noem maar op. Hy het dit.

Dié naweek loop dinge egter skeef.

Wil jy meer weet? Vat volgende naweek af en lees Naweek. Jy sal nie spyt wees nie!

(As julle ’n baie deegliker bespreking van Naweek wil lees, kliek hier.)

Recent Posts

See All
Ena Murray deur die oë van ander

Ena Murray: 27 Desember 1936 – 4 Junie 2015 Alle foto's deur Susan Bloemhof Lekkerleesboekrak op Facebook was die eerste. Voor sonop was...

 
 
 
Why? / Hoekom?

A brief explanation on why I run without shoes. (Afrikaans hieronder) Nou die Afrikaans: Hoekom kaalpoot?

 
 
 

Comments


© 2022 LitNet. Alle regte voorbehou | All rights reserved

bottom of page