top of page
  • Uitmelkbos

‘N MOORD EN ‘N ROMANSE

Hierdie is die sonderlinge storie oor hoe ‘n opspraakwekkende moordsaak tot ‘n romanse en ‘n latere huwelik van ‘n bekende gelei het.

Die hofsaak was die van gifmoordenares Margaret Rheeder van Port Elizabeth wat galg toe gestuur is weens die moord op haar man. Die romanse was die van Ton Vosloo (destyds verslaggewer by die Baaise koerant Oosterlig en latere voorsitter van Naspers) en sy eerste vrou, wyle Lorna. Sy was ‘n nooi Van der Merwe.

Dit het aan die lig gekom toe ek by hom navraag doen oor ‘n inskrywing op die webblad Nagkantoor oor ‘n berig oor Margaret Rheeder se skudigbevinding wat in Oosterlig verskyn het. Die vermoede is geopper dat hy dalk die berig geskryf het.

Ek doen toe by hom navraag en hy antwoord soos volg: “Wat Die Oosterlig se storie betref , dit is soos jy sê ‘n lekker geskryfde berig. Met groot nederigheid sal ek redelik onseker sê die eer kom Lorna van der Merwe toe. Sy was Hooggeregshof- verslaggewer en ek Magistraatskantoorman. Vir die Rheedersaak het Dirk de Villiers (redakteur) ons twee as span gestuur om die saak te doen. Dit was 1957.

Twee was nodig omdat Oosterlig as middagblad kopie uit die hof nodig gehad het en een moes die ander aflos om berigte deur te bel. Dan het ons na-uurs saam kan werk aan n opvolgberig vir die volgende dag se eerste uitgawe.

Soos jy kan sien in die berig, is mev Rheeder die middag halfvyf gevonnis, Ons kon toe die aand die volgende dag se berig skryf. Ek gee Lorna die eer. In die loop van die hofsaak het Oosterlig se verkope van sowat 8000 opgeskiet na 13 000, die hoogste gemiddelde tot toe. As gevolg van die groot belangstelling het De Villiers ons twee gevra om a la Huisgenoot ‘n paar opvolgartikels te gaan haal uit haar en haar vergiftigde man, Ben, se vorige woonplekke naby Knysna en by Tergniet duskant Mosselbaai.

Ons het so’n week gereis en gewerk en daar het ons romanse ontstaan. Ons was van 1960 38 jaar getroud.

Mev Rheeder was naas Daisy de Melcker, Maria Lee en Maria Groesbeek een van die min wit vroue wat ooit gehang is.Sy het terwyl sy ‘n verhouding met n vurige jong stoker gehad het, van Ben gesê sy is moeg “ vir ou afgelekte bene” en hom toe stelselmatig met arseen in sy sop gevoer terwyl hy van erge maagpyn gekla het. Sy was slu, maar dom.”

8 views

Recent Posts

See All

Probleme probleme

Die hoop het toe nie beskaam nie. Rapport het afgelope Sondag vorendag gekom met ’n noemenswaardige resensie – Trisa Hugo se skrywe oor Veldhospitaal 12, die nuwe roman deur Marinda van Zyl. Boek24? W

SKOONHEID SONDER SKROOMHEID

Op bladsy drie van Die Burger vanoggend verskyn o.m. berigte oor die Mej. Wệreldwedstryd waarin Shudu Musida SA se kroon dra, en ‘n motorfiets-uitstappie na die Hartebeespoortdam waarvan die afwesighe

© 2022 LitNet. Alle regte voorbehou | All rights reserved

bottom of page