Sarie (die tydskrif) betaal my niks vir die reklameflits nie – glo my dus dat jy ver op die web sal moet loop soek om ‘n werf raak te loop wat in voorkoms en sprankel by www.sarie.com kers vashou.
‘n Strofe uit die “Sanger van Suikerbosrand”, A.G..Visser, se romantiese gedig Rosa Rosarum skiet my te binne:
Kom in die aand en geniet van haar geure:
Foelie, jasmyn, angelier, minjonet;
Kom in die more en kies van haar kleure:
Rooi, wit en goud, groen en blou, violet!
Www.Sarie.com is inderdaad ‘n vrolike fees van kleure en geure – soos ‘n mens by die web-teenwoordigheid van ‘n vrouetydskrif van Sarie se stoffasie sou kon verwag.
Kom kuier in die aand …. kom kuier in die more … kom kuier sommer enige tyd van die dag. Maak jou klaar vir ’n verfrissende en genotvolle besoek.
Laat my egter maar erken: dit gaan hier nie net om die hondjie nie; ook oor die halsbandjie. Hierdie ou gryse is nie min in sy noppies nie dat sy stukkie oor die swemmende olifantjies van Lake Panic (kyk foto hierbo) ook ‘n eie hoekie op www.sarie.com beset.
Gaan kyk gerus na die galery foto’s by Swem, olifantjie, swem. Dit was ‘n Wildtuin-ggend soos min!
Maar wag. Ek moet darem nie in my opgewondenheid oor die nuwe ontdekking daardie ou staatmaker, www.beeld.com uit die oog verloor nie. Om bydraes te kan lewer tot die Beeld-rubriek My Storie (klik net op die balkie links op die tuisblad van www.beeld.com) bly een van my gereelde plesiere.
Ek het onlangs daar my “honderdtal” behaal met bydraes behaal, en ek lig my pen graag vir my geduldige lesers.
コメント