top of page
  • Izak de Vries

’n Kompliment uit Pole

Het julle geweet dat daar twee Poolse universiteite is wat Afrikaans aanbied? Pawel, ’n baie slim man met ’n PhD en Postdok, praat vlot Afrikaans. En hy lees baie Afrikaanse boeke.

Toe ek Byna Liefde aan hom wys, sê hy: “A, nie so depressief soos die ander Afrikaanse boeke nie!”

Lekker. Nie alle Afrikaanse boeke maak my depressief nie, maar dis die beste woorde wat hy daaroor kon spreek!

My uitgewer het my herinner dat die boek tans nog in aantog is na die boekwinkels. Dit sal op 2 September by alle goeie boekwinkels wees.

Intussen kan ’n mens dit bestel by Exclusive Books en by Kalahari.net. (Kliek net op die skakels.) Exclusive Books Kalahari.net

Terloops, Pawel het Vodka gebring. Ek het ’n klein glasie in, maar dit het al die winterkoue verdryf!

1 view

Recent Posts

See All

© 2022 LitNet. Alle regte voorbehou | All rights reserved

bottom of page