top of page

‘N KLEIN-KLEIN WERELD

Uitmelkbos

Een van my helderste herinneringe aan die Van Deventers se besoek aan Disneyworld in Orlando, Florida, op Oujaarsdag 1976 was ‘n bootrit op die sogenaamde Seven Seaways-waterkanale verby 300 singende, dansende poppies in kleurryke nasionale kostuums.

Die oulike poppies wat 100 nasies verteenwoordig, sing aanhoudend “I’ts a small world”* in vyf tale. Jy kry inderdaad die gevoel hoe klein die wêreld is terwyl die bootjie rustig as ‘ t ware oor grense heen en verby kontinente kronkel.

Sondag by die André Rieu-konsert by die Grand West Casino het die “small world”-gevoel my weer beetgepak – hierdie keer nie tuisgebring deur Disneypoppies in die Magic Kingdom nie, maar deur bekende gesigte in ‘n massagehoor.

Hoeveel mense was in die arena ingepak – 6 000, 7 000? Maar oral duik bekendes op.

Ons het skaars sitplekke 18 en 19 ingeneem in blok A, ry R, toe Tokkie vra: Is dit nie Jan Liebenberg daar links nie? Inderdaad, Jan en Joe van Melkbosstrand.

Nie ‘n minuut later nie: hier skuif Hermias en Dolores Laubscher van HDL-juweliers in Bloemfontein verby.

Pouse tik ‘n vrou in die ry agter ons my op die skouer: “Is jy nie Hennie van Deventer nie?” Dit blyk sy is Ralie Herbst van Pretoria. Haar oorlede man, Wally, was saam met my in matriek op Volkies, Potch, in 1957. Sy was toe in standerd 8. In haar geselskap is Justus Kruger, n dokter van Kaapstad. Hy, ontdek ek, is ‘n neef van Willie Hartzenberg wat ook saam met my in matriek was.

Net daarna kom Piérre Theron dagsê. Ons was in Bloemfontein amper bure. Deesdae woon hy en Erika op Bothastrand in die Suid-Kaap. Hulle sit net skuins agter ons.

Toe die gordyn sak, hoor ek iemand sê: “Ek ken hierdie oom se gesig”. Hy stel hom bekend as Fraser Muller. Ons was saam in die NG gemeente Berg-en-Dal in Bloemfontein.

Ons skuifel uit. Van iewers sê ‘n stem: “O, julle is ook hier”. Dis Annette Dippenaar van Melkbos. “Ek wou sê ek het jou en Awie op die groot skerm gesien,” merk Tokkie op.

Vyf tree verder kry ons Frik van Deventer, oud-LP, en sy vrou, Johanna, nou van Bettysbaai.

Lukas en Rina Theron van Melkbos saam met wie ons gery het, wag ons in met die nuus: “Julle sal nie raai langs wie ons gesit het nie.” Niemand anders nie as ons vriende Flip en Linda Nel van Blouberg.

Buite kry ons Salie de Swardt, oud-kollega by Naspers, en sy vrou, Lisa.

Salie berig hulle het ook baie bekendes raakgeloop. Hy skryf dit daaraan toe dat die gehoor, na sy oordeel, oorheersend Afrikaans was. En middeljarig/bejaard!

Dalk het Salie ‘n punt beet. Nietemin: dit bly ‘n klein-klein wêreld (HvD).

* Die lirieke van “It’s a small world”

It’s a world of laughter

A world of tears

It’s a world of hopes

And a world of fears

There’s so much that we share

That it’s time we’re aware

It’s a small world after all

It’s a small world after all

It’s a small world after all

It’s a small world after all

It’s a small, small world

There is just one moon

And one golden sun

And a smile means

Fiendship to every one

Though the mountains divide

And the oceans are wide

It’s a small world after all

It’s a small world after all

It’s a small world after all

It’s a small world after all

It’s a small, small world

Recent Posts

See All

Probleme probleme

Die hoop het toe nie beskaam nie. Rapport het afgelope Sondag vorendag gekom met ’n noemenswaardige resensie – Trisa Hugo se skrywe oor...

SKOONHEID SONDER SKROOMHEID

Op bladsy drie van Die Burger vanoggend verskyn o.m. berigte oor die Mej. Wệreldwedstryd waarin Shudu Musida SA se kroon dra, en ‘n...

Comments


© 2022 LitNet. Alle regte voorbehou | All rights reserved

bottom of page