top of page
  • Uitmelkbos

‘N GOEIE STORIE

Racheltjie Beer se heldedaad in die hartjie van die winter in die barre sneeulandskap aan die voet die Drakensberg is, volgens oorlewering, iewers in die 1840’s verrig.  In 1920 – ‘n ronde 80 jaar later – raak dit die eerste keer opgeteken danksy Eugene N. Marais, ‘n digter-dromer, romansier, woordkunstenaar, kenner van bobbejane en miere, wonderwerker …. noem hierdie begaafde man wat jy wil. Maar ‘n historikus is hy nie.   

 Dis ‘n genade dat die Trek enkele jare tevore  – ook die oortog van die Voortrekkers met hul kakebeenwaens, Afrikanerosse en (kaalvoet?) vroue van durf oor die nimlike Drakensberg – nie  dekades lê en stof vergaar het nie. Hoe bloedarmoedig sou die Afrikanergeskiedenis dan nie gewees het en hoe jammerlik dun Gustav Preller-hulle se vroeë Suid-Afrikaanse geskiedenisboeke nie.  

Ollie Olwagen het in vanoggend se BY in sy brief,  “Rachel de Beer is bloot ‘n afspieëling van Hazel Miner”, waarskynlik ‘n paar hardnekkige vasskoppers stof tot nadenke gegee. Verre sy dit van die uwe om verdere sout in hul wonde te vryf. Die gedagte kom egter maar net by my op:   

 By koerante word soms met verfrissende selfspot opgemerk: Moenie dat die feite ‘n goeie storie bederf nie. Dit is nogal onthullend hoeveel briefskrywers die laaste paar weke dieselfde volhardende geringskatting vir feite openbaar het as wat kritici soms aan joernaliste toedig.   Hou ons  nie maar almal van ‘n goeie storie nie?

2 views

Recent Posts

See All

Probleme probleme

Die hoop het toe nie beskaam nie. Rapport het afgelope Sondag vorendag gekom met ’n noemenswaardige resensie – Trisa Hugo se skrywe oor Veldhospitaal 12, die nuwe roman deur Marinda van Zyl. Boek24? W

SKOONHEID SONDER SKROOMHEID

Op bladsy drie van Die Burger vanoggend verskyn o.m. berigte oor die Mej. Wệreldwedstryd waarin Shudu Musida SA se kroon dra, en ‘n motorfiets-uitstappie na die Hartebeespoortdam waarvan die afwesighe

Comments


bottom of page