top of page
  • Uitmelkbos

‘N AREND? WATWOU!




Die leerkurwe duur voort. Gister moes ek bely ek het ‘n lalreier vir ‘n wouadpie aangesien. Vandag se korreksie geld ‘n swartwou (Engels: yellowbilled kite) wat ek ‘n ruk gelede hier as ‘n bruinslangarend uitgeken het.

Ekskuus vir die wals. Maar dit gee my darem kans om weer die foto te wys waaroor ek myself nogal op die skouer klop. Ek moes vinnig my Canon in gereedheid bring toe ons die meneer met sy murgbeen op die teerpad van die Krugerhek af Skukuza toe raakloop.

Die verkeer was redelik druk en hy het nie lank bly sit nie.

1 view

Recent Posts

See All

Probleme probleme

Die hoop het toe nie beskaam nie. Rapport het afgelope Sondag vorendag gekom met ’n noemenswaardige resensie – Trisa Hugo se skrywe oor...

SKOONHEID SONDER SKROOMHEID

Op bladsy drie van Die Burger vanoggend verskyn o.m. berigte oor die Mej. Wệreldwedstryd waarin Shudu Musida SA se kroon dra, en ‘n...

留言


bottom of page