top of page
  • Izak de Vries

’n 10m-lange kamera? Jip!


Al gehoor van ’n kamera wat meer as 10 m lank is en negatiewe skiet wat 1.8 m hoog is? Nog nie? Dan moet jy onmiddellik hierdie skakel volg: http://www.the-digital-picture.com/News/News-Post.aspx?News=1851

Die kamera is deel van Dennis Manarchy se "Vanishing Cultures". Lees gerus meer daaroor op hierdie skakel: http://www.thefpac.org/index.html

Ek is jaloers. Ek wil ook so iets doen in Suid-Afrika. Nie met so ’n groot kamera nie, my toerusting is voldoende, dankie, maar wel met die doel om te dokumenteer.

Een van die mense wat geweldig baie doen in hierdie verband, is Gavin Furlonger, van PAPA. Lees gerus watter wonderlike werk Gavin reeds doen: http://www.papasa.co.za/

Dan is daar natuurlik mense soos Roger Ballen, wat in die jare tagtig reeds Suid-Afrika se “vanishing cultures” begin vasvang het. Enige een wat nie Roger se puik foto’s ken nie, kan gerus Dorps, small towns of South Africa koop. Dit bevat talle foto’s van dinge wat lankal verdwyn het in ons dorpies: http://www.kalahari.com/books/Dorps/632/40785775.aspx


Koop Dorps gerus en ondersteun dié inisiatief. Ons gaan nog meer doen! Ek werk reeds aan volgende projekte.

1 view

Recent Posts

See All

© 2022 LitNet. Alle regte voorbehou | All rights reserved

bottom of page