top of page
Izak de Vries

My probleem met Zuma se 20ste kind

Ek het lank gewag voor ek hieroor geskryf het, want ek wou eers mooi dink hoe ek nou régtig hieroor voel.

Kom ons stel eers ’n paar standaarde:

1. Ek sal normaalweg nie kla as iemand ’n affair het nie. Ons is menslik en wat in mense huwelike en daarbuite gebeur is gewóónlik nie iets waaroor buitestaanders hulle monde moet uitspoel nie. Trevor Manuel en Maria Ramos het lank saamgebly en is later getroud. Bravo. John Major het ’n skelmpie gehad. Toe ek dít uitvind, het hy sowaar meer menslik geword in my boek. (Major is ’n interessante mens, maar hemel hy was ’n vaal politikus!) ’n Affair kan ménse skade doen, dit kán huwelike seermaak, ja, maar dis privaat goed – NORMAALWEG. In Zuma se geval hét ek ’n probleem, maar ek sal later sê hoekom.

2. Ek het nie ’n probleem met ’n staatsman wat ’n verhouding het nie. Francois Mitterrand het al die jare wat hy aan bewind was ’n langtermynverhouding gehad met Anne Pingeot, dit terwyl hy getroud was met sy vrou, Danielle. Hy het kinders gehad by albei vroue. Dis belangrik om te besef dat sy affair in die ope was. Die twee vroue het van mekaar geweet, die kinders ook. As julle belangstel, kliek hier om foto’s te sien waar albei vroue, én die buite-egtelike kind, sáám langs Mitterrand se graf staan. Pingeot het by tye selfs vir Mitterrand vergesel op amptelike staatsbesoeke, hoewel sy nooit as “Eerste Dame” bekend gestaan het nie. (Van belang vir ons gesprek is dat die bestaan van hulle buite-egtelike dogter, Mazarine, vir jare nié bekend gemaak is nie.)

3. Ek het al te vore gesê dat ek geen probleem het met poli-amorie nie, maar dan moet dit die waardigheid van alle partye beskerm. Mitterrand se verhouding was een wat waardigheid verleen het aan sy wettige vrou én sy ongetroude geliefde.

4. Ek het per se nie ’n probleem met poligamie nie. Ek kan ook geen rede sien waarom ’n staatshoof uitgesluit moet wees van die tradisionele reg om meer as een vrou te hê nie. Ek het wel ’n probleem as die belastingbetaler vir elke nuwe flossie ’n moerse klomp geld moet uithaal.

5. Zuma is algehele, totale bleeksiel as ons hom met Salomo vergelyk. Die Bybel vertel, met trots, dat hiérdie knaap 700 wettige vroue en 300 byvroue gehad het. (Moet ook nie vergeet nie, seks met ’n slaaf was soos masturbasie deesdae is, dis iets wat jy sommer gou gedoen het as die amptelike kanaal (sic) nie beskikbaar was nie.) Gelukkige drommel.

Dus, kom ons wees eerlik: Daar ís talle redes waarom Zuma se orgaan ons normaalweg nie sou moes pla nie. Waarom pla dit mý dan?

Hier is ’n aantal redes:

1. Zuma kan dônerswil sê wat hy wil, maar hy laat dit voorkom asof dit heeltemal okay is om rond te pomp. Destyds het hy vir “Kwezi” gegryp oor sy ’n kanga gedra het, nou gaan maak hy ’n kind by nóg ’n vrou. Sorry, dié ou slaap rond. Ek sou hééltemal anders gevoel het hieroor as die presidensie al ’n jaar gelede laat blyk het dat Zuma ’n verhouding het met Sonono Khoza. Sy is mooi, sy is ryk, sy is geskei ... fine. As hy dit dus doen met sy ander vroue se medewete, wel fine, gelukkige bliksem. Maar nou is die verhouding toegesmeer. Al wat ons dus weet, is dat Zuma al weer sy ding ingedruk sonder ’n FL. ’n Mens wonder of hy na die tyd gestort het? En, hier is die laaste hou in hierdie rondte, hoe de moer moet jy vir jong mans sê hulle moenie rondneuk sonder kondome nie, as die blerrie president dit hele tyd doen?

2. Zuma is ’n verregse blikskottel wat die regse kerke, waaronder Rhema, gebruik het om die verkiesing in te palm. Hy het homself skaamteloos tot pastoor verklaar, vir Rhema gaan dans, en al die nodige regse geluide gemaak. Hoekom leef hy nie daarvolgens nie? In ’n tyd waar die moderne kerke gay-regte goedpraat, poli-amorie probeer bevestig, saamwoon goedkeur, kies híérdie knaap die regse kerke se outydse sienings vir eie politieke gewin, maar besluit ook om nie hulle boodskappe uit te leef nie.

3. Om aan te sluit by punt 2: hierdie einste Zuma en sy “God squad” is besig om goed te sê soos: Daar moet minder seks op TV wees. Dié éinste Zuma en sy regering is ’n moerse gevaar vir persvryheid – en vir artistieke vryheid. En hy? Hoe leef hy? Zuma is ’n tipiese voorbeeld van iemand wat sý regte opeis, terwyl hy mý regte wil verminder.

4. Het Zuma al prostitusie gewettig? Nee, hy en sy verkrampte regterhand, Helen Zille, maak die lewe van prostitute al hoe moeiliker. In lande waar prostitusie gewettig is, is prostitusie veilig. Daar is al sedert die negentigerjare vertoë van talle organisasies om prostitusie te wettig, maar die regse blikskottels, soos Zuma, weier.

5. ’n President wat goed in die donker doen, is ’n teiken vir openbare kritiek. Kyk wat het met Clinton gebeur toe hy ’n sigaar gaan opruk het waar hy nie moes nie. Dis oor die stupid blikskottel dit ontken het, dat dit ’n skandaal geword het. Teddy Kennedy en sy broers het talle affairs gehad. Marilyn Monroe was by meer as een geleentheid in JFK se bed. (Gelukkige bliksem.) Teddy het egter hel gekry toe ’n prostituut dood is in sy motor en hy dit klaarblyklik probeer toesmeer het.

So. Sorry Zuma. Jy het gefaal. Trek twee onderbroeke aan.

3 views

Recent Posts

See All

Ena Murray deur die oë van ander

Ena Murray: 27 Desember 1936 – 4 Junie 2015 Alle foto's deur Susan Bloemhof Lekkerleesboekrak op Facebook was die eerste. Voor sonop was...

Why? / Hoekom?

A brief explanation on why I run without shoes. (Afrikaans hieronder) Nou die Afrikaans: Hoekom kaalpoot?

Comments


bottom of page