top of page
  • Izak de Vries

My geliefde en CANSA

Jip, dis my geliefde dié. Cool, nie waar nie?

1/200 f4 ISO 100 (50 mm)

Dit is weer die jaarlikse “Shavathon”. My lief het haar hare geskenk aan CANSA, want hulle maak pruike daarvan.

Hier is ’n voor-en-ná-foto. As julle wil weet hoe, lees aan.

Ek het albei foto’s in die ateljee geskiet. Met die voor-foto het ek drie flitse gebruik. Die derde een moes eenvoudig net die wit muur heeltemal wit brand.

Ek het toe die ná-foto as ’n tweede vlak (layer) oor die eerste gesit en die hele agtergrond uitgevee. So die wit van die eerste foto is wat julle sien. (Dis baie makliker om só ’n gestroomlynde kop van ’n agtergrond te ontneem as om met ’n klomp hare te sukkel!

Albei foto’s is op 35 mm geneem, die ná-foto is effens nader aan die kamera as die voor-foto.

Tegniese goed:

- Canon 7 D & Canon 24 – 105 L IS USM

- Gesig belig met 2x Canon Speedlight 430 EX-flitse wat deur wit sambrele geskiet is.

- Met die voor-foto het ek ’n derde Canon Speedlight 430 EX gebruik om die wit agtergrond weg te brand.

- Albei se spesifikasie: 1/200 f4 ISO 100 (35 mm)

2 views

Recent Posts

See All

© 2022 LitNet. Alle regte voorbehou | All rights reserved

bottom of page