Ek is nou net sopas (gemoedelik dog nie onsmaaklik nie) geslosh genoeg om julle van my dag te vertel. Maklik seker een van die intensstes in dekades, I kid you not. Eerstens het ek vanoggend my werk waaroor ek so mal is bedank. Base was murse nice daaroor, het gevra dat ek seblief tot 10/7 aanbly, hulle sal betaal. Ek het ook kennis gegee by my huis (landlady in trane) en my ous ingelig dat sy van die einde van die maand af weer net op die 3 brats se grants sal moet oorleef. Die rede? Ek het Saterdagoggend 'n werk op 'n ander dorp aanvaar, so ongeveer 400 km hiervandaan. In 'n bedryf waarvan ek omtrent geen kennis het nie.
Julle dink seker ek het my laaste marble verloor? Nee ouens, dis wat gatvol aan mens doen. En verlange. My hele familie is op die ver dorp, sien, en ek mis hulle verskriklik. Sooo... ek los my droomwerk, my knape (darem altwee al 21), my bf, my kerk en my vriende en move in 'n heeltemal nuwe omgewing in. En ek kannie wag nie! Sal julle op hoogte hou van gebeure. Ek dink die realiteit oor die omvang van wat ek nou aanpak het nog nie ingeskop nie, die dat ek so rustig is. Het sommer al klaar begin pak. Julle knoppies sal seker nog heelwat gedruk word in die volgende paar weke vir ondersteuning en aanmoediging as ek begin pak, of dalk tweede gedagtes kry...
Comments