top of page
  • Izak de Vries

My biograwe

Om nou op een dag twee (drie?) biografiese werke te sien oor myself, is nogal interessant.

Van die Prinses se stuk het ek julle al vertel.

En toe kry ek tyd om LitNet se nuusbrief te lees en sien Erika Terblanche het haar ATKV-album opdateer en my profiel ingesit. Erika is ’n verstommende mens wat daar in NALN se argiewe gaan krap en dan haar profiele saamstel.

Dan kan ek ook nie anders nie as om HJ se kommentaar op my blog te plak:

Izak, na ek jou boek gelees het, het ek besluit jy ly nie net aan 'n tepelfetisj nie maar ook aan 'n tietie-ene, tone-ene, ore, boude, bene, tafels en stoele en ... jy klink vir my heel normaal.

Daar het julle dit. Ek is te jonk om ’n outobiografie te skryf, gelukkig, dus, dat ander my so goed opsom! Ek erken dat ’n mooi agterstewe my laat glimlag. Die een hieronder is my vrou s’n. Ons is al vyftien jaar bymekaar. (Kan julle sien hoekom?)



1 view

Recent Posts

See All

© 2022 LitNet. Alle regte voorbehou | All rights reserved

bottom of page