top of page
  • Uitmelkbos

MUUR KON HOM NIE STUIT!

Al gehoor van iemand wat ‘n sesvoet-muur oorklim agter ‘n handtekening aan? Ontmoet my vriend Herman le Roux van Fairland, die nimlike wat op die vooraand van 1995 se WB-toernooi vir ons die klomp Springbokke (en Springbokkapteins) se handtekeninge op ons spyskaarte versamel het.

En daardie muur? Dit was agter Joan Harrison, die Springbok-swemster, aan toe hy nog op skool was.

Herman het laat weet:

“Ja, ek het ook nog my spyskaart met die handtekeninge en toe ek nou die dag so deur my stapel boekies en plakboeke met handtekeninge kyk, het ek ook gewonder wat dit werd is.

“Behalwe sportlui, het ek ook handtekeninge van Jan Smuts, Erna Sack, ens. En van Bobby Pickard (nou regter) het ek al op universiteit ‘n boekie gekry met handtekeninge van onder ondere Gamat en Bennie Osler.

“Ek het al daaraan gedink om die handtekeninge of chronologies of alfabeties op my rekenaar in te tik sodat ek eendag vir iemand kan vra oor wat hulle werd is. Maar party van die handtekeninge het ‘n storie. Soos die heining van minstens 6-7 vt wat ek as hoërskoolseun by die swembad in Durban oorgeklouter het om Joan Harrison se handtekening te kry.

“Of die ure wat ek in 1948 voor die Handelshuis op Villiers vir Johnny Ralph gewag het om syne te kry. Hy was ‘n ‘traveller’, deesdae verkoopsverteenwoordiger of so iets, vir beskuitjies en sulke goed.

“Dan praat ek nie eens van die mooi briewe wat ek van ouens soos A.F. Markotter, Boy Louw, Otto van Niekerk, Amos du Plooy en Mannetjies Roux ontvang het nie.”

Herman het meer plakboeke oor meer onderwerpe as enigiemand anders wat ek ken. Moet julle nog daarvan vertel!

1 view

Recent Posts

See All

Probleme probleme

Die hoop het toe nie beskaam nie. Rapport het afgelope Sondag vorendag gekom met ’n noemenswaardige resensie – Trisa Hugo se skrywe oor Veldhospitaal 12, die nuwe roman deur Marinda van Zyl. Boek24? W

SKOONHEID SONDER SKROOMHEID

Op bladsy drie van Die Burger vanoggend verskyn o.m. berigte oor die Mej. Wệreldwedstryd waarin Shudu Musida SA se kroon dra, en ‘n motorfiets-uitstappie na die Hartebeespoortdam waarvan die afwesighe

Comments


bottom of page