top of page
  • Uitmelkbos

MOOISTE STILLE NAG


Die tradisionele Stille Nag bly as geliefde Kerslied in mense se harte bo al die ander uitttroon.

 Wat sou die heel mooiste opname wees van dié innige lied oor die Kersverhaal? Onmoontlike vraag. Ek sou egter geneig wees om in Duitsland te begin soek.  Die Duitse Stille Nacht het net ‘n bekoring wat in ander tale moeilik geëwenaar sal word.

 Op my en Tokkie se private Kerskompilasie (hierbo afgebeeld) het ons ‘n opname deur die Bielefelder Kinderchor gekies.  Die manjifieke Stille Nacht van Placido Domingo, Diana Ross en José Carreras by ‘n Weense Kerskonsert in die jare 90 het ook sterk aan die deur geklop.

 Kinderkore het egter ‘n spesiale, engelagtige kwaliteit – dit was die deurslaggewende oorweging. Suid-Afrikaanse kinderkore soos Tygerberg,Bloemfontein,Pretoriaen ander laat Stille Nag ook buitengewoon soet opklink. Natuurlik hou ons ook geweldig baie van die opnames van verskeie volwasse kore – te talryk om op te noem.  

 Instrumentale opnames waarna ek weer en weerkanluister, sluit in een deur die SAUK-orkes (‘n ateljee-opname in 1973 o.l.v. die legendariese Edgar Cree) en een op die klavier deur Phil Coulter. 

 ‘n Treffende, eksotiese opname is deur Ivan Rebroff van Stille Nacht in Russies.  Die Steppe bewe!

 In Engels is die Silent Night van die Amerikaner met die forse stem Carl Smith – een van ‘n uitsoekgroep Amerikaners met onvergeetlike mansstemme –  ‘n gunsteling.  ‘n Verskeidenheid kunstenaars sing Silent Night elegant en met grasie, o.a. Julie Andrews,  Les Paul en Mary Ford en … ja werklik … Susan Boyle.  Klink of die dame se hart in haar sang is.

  In Afrikaanskanons eie Mimi Coertse maar vrymoedig nader staan met haar gevoelvolle Stille Nag. Ongelukkig sorg ons moedertaal ook, vir my oor, vir een van die on-mooier vertolkings.  Die Drie van die Bestes, Danie Niehaus, Kevin Leo en Mathys Roets, voer amper hul hele ander repertoire bevredigender uit as hul stokkerige Stille Nag.  

 Jammer oor die kritiese openhartigheid. Kom ons vergeet maar daarvan, sluit die oë en dink aan ‘n Stille Nag waarvoor u besonder lief is.  Luister in u gedagtes met oorgawe. 

 Ontvang dan saam met u eie keuse van Stille Nag my en Tokkie se innige Kerswense – in die hoop dat die wonder van Kersfees met die aangrypende boodskap van vrede op aarde die wêreld opnuut sal aangryp.  

Tot siens vir eers. More vertrek ons op die eerste skof van die somvervakansie van 2012. .

1 view

Recent Posts

See All

Probleme probleme

Die hoop het toe nie beskaam nie. Rapport het afgelope Sondag vorendag gekom met ’n noemenswaardige resensie – Trisa Hugo se skrywe oor Veldhospitaal 12, die nuwe roman deur Marinda van Zyl. Boek24? W

SKOONHEID SONDER SKROOMHEID

Op bladsy drie van Die Burger vanoggend verskyn o.m. berigte oor die Mej. Wệreldwedstryd waarin Shudu Musida SA se kroon dra, en ‘n motorfiets-uitstappie na die Hartebeespoortdam waarvan die afwesighe

Comments


bottom of page