top of page
  • Uitmelkbos

MOOISTE FLIEK-MUSIEK

Que Sera Sera en Tammy is nie die enigste onthou-liedjies uit flieks van my jong dae nie (vorige blogs).

Hope rolprent-temas van toeka het treffers geword het. Hier’s 15-stuks wat die uwe in sy kop gestoor het, en wat hom telkens laat tintel as hy een oor die radio of waar ook al hoor opklink:

1956: True Love uit High Society

1957: April Love uit April Love

1957: River Kwai-mars uit The bridge on the river Kwai

1958: Around the world uit Around the world in eighty days

1960: Theme from a summer place uit A summer place

1960: Never on a Sunday uit Never on a Sunday

1960: The green leaves of summer uit The Alamo

1961: Moon river uit Breakfast at Tiffany’s

1966: Strangers in the night uit A man could get killed

1963: More uit Monda Cane

1965: Zorba’s dance uit Zorba the Greek

1970: Raindrop keep fallin’ on my head uit Butch Cassidy and the Sundance Kid

1970: Theme from Love Story uit Love Story

1973: The way we were uit The way we were

1974: The Entertainer uit The sting

Ek pen hulle maar chronologies neer – te skrikkerig om my geheure te vertrou met ‘n voorkeurlysie van 11 tot vyftien.

Opvallend, né, dat in drie titels die woord “love” voorkom.

Vir Love Story met Alli MacGraw en Ryan O’Neal het ek ‘n ereplekkie in my hart. Die rolprent speel hom af op die pragtige kampus van die Harvard-universiteit in Cambridge. Massachusetts, waar ek bevoorreg was om in 1976/77 a Nieman Fellow rond te loop.

Hoop iemand is lus om saam te gesels oor my keuses.

0 views

Recent Posts

See All

Probleme probleme

Die hoop het toe nie beskaam nie. Rapport het afgelope Sondag vorendag gekom met ’n noemenswaardige resensie – Trisa Hugo se skrywe oor...

SKOONHEID SONDER SKROOMHEID

Op bladsy drie van Die Burger vanoggend verskyn o.m. berigte oor die Mej. Wệreldwedstryd waarin Shudu Musida SA se kroon dra, en ‘n...

Commentaires


bottom of page