Gerrit Rautenbach en Nanette van Rooyen het Saterdag 23 Augustus in die Protea Boekwinkel op Stellenbosch gesels oor Mooiloop. Dit was ’n wonderlike gesprek. As julle dit gemis het, is daar goeie nuus, Gerrit vertrek binnekort op ’n toer om die boek te bemark. Ek deel Gerrit se reisplanne hieronder.
Mooiloop, mooiste reisstories
Van ons land se grootste skrywers en kenners van kortkuns is in hierdie teks opgeneem. Dít alleen maak hiervan ’n versamelstuk, maar wag tot jy die foto’s sien, dan besef jy, hier is ’n kleinood gebore.
Gerrit Rautenbach.
Nanette van Rooyen.
Louis Esterhuizen, die bestuurder van die winkel.
Gerrit teken ’n boek vir Malene Breytenbach. By haar is Johan Kotze, die man wat Poeple of Stellenbosch afneem.
Hier Martin Steyn, die skrywer van Donker spoor, en Johan Kotze.
Martin teken ’n kopie van sy boek.
Die goeie nuus is, Gerrit gaan weer oor die boek praat.
Saterdag 6 September, Breytenbach Sentrum (Wellington); RSVP Iand@lapa.co.za
Woensdag 10 September, Waverley Biblioteek (Pretoria); RSVP Waverley@TSHWANE.GOV.ZA
Donderdag 11 September, Wilge 10, Hennopspark (Centurion); Navrae anneliecilliers@gmail.com
Vrydag 12 September, Painted Words (Modimolle); RSVP admin@paintedwords.co.za
Saterdag 13 September, Op die stoep in Nelspruit; Navrae an.vdwalt@gmail.com
En daar mag nog wees, hou Facebook dop!
Comments