top of page

MOOI ROOI UIT DIE POT

  • Uitmelkbos
  • Dec 19, 2009
  • 1 min read

Na al die debat en indaba oor kreef op die kole of kreef uit die pot, het ons toe Donderdagaand 17 Desember hier op Melkbos saam met Chris en Annette van Rensburgs (op die foto) aangesit – met die kreef, mooi rooi van aanskyn, uit Tokkie se pot.


Die konsensus was dat die kreefete ‘n ongekwalifiseerde sukses was. Dat HvD sy kole-ambisie nie ten uitvoer gebring het nie, was – volgens die kollektiewe mening – “ook maar goed so”.

‘n Interessante wete was dat ons Sabieparkvriende Gert en Caroline Pols in Hugoheerwaarden, Nederland, dieselfde aand ook ‘n kreefdis geniet het.

Caroline laat weet hul kreef was “perfek”. Hulle het aangesit terwyl die sneeuvlokke val. Die wêreld is toe onder ‘n dik wit kombers en nagemperature sak tot -15 grade. Die voorspelling is dat ‘n wit Kersfees op pad is. Sprokiesagtig!

Recent Posts

See All
Probleme probleme

Die hoop het toe nie beskaam nie. Rapport het afgelope Sondag vorendag gekom met ’n noemenswaardige resensie – Trisa Hugo se skrywe oor...

 
 
 
SKOONHEID SONDER SKROOMHEID

Op bladsy drie van Die Burger vanoggend verskyn o.m. berigte oor die Mej. Wệreldwedstryd waarin Shudu Musida SA se kroon dra, en ‘n...

 
 
 

Comments


© 2022 LitNet. Alle regte voorbehou | All rights reserved

bottom of page