top of page
  • Uitmelkbos

MOOI, MOOIER, MOOISTE


Oor begrippe soos mooi, lelik, lekker, sleg, goed, oulik, vervelig  –   en in die nuwe idioom bepaald ook oor  zef en “kommin” –  kan ‘n mens nie stry nie.  Jou oordele, insigte en smaak is ‘n persoonlike, emosionele en dikwels instinktiewe saak.

 Takserings  kan geweldig uiteenloop.  Hierdie ou kan byvoorbeeld hoegenaamd nie verstaan dat mense van sushi hou, dink Die Antwoord is oulik of glo Madonna is mooi nie.   Derduisende stem met hul voete (en hul beursies) teen my – dis hul goeie reg, solank hulle my net uitlos.

 ‘n Keer het ek by die Greykollege in Bloemfontein’n toesprakie moes hou.  My stelling dat ‘n koerant nie “objektief” kan wees nie, het nogal ‘n ligte beroering veroorsaak. Maar my eie koerant het dan die Cheetahs op die rugbyveld ondersteun en plakkate versprei met die woorde:  Die Volksblad skree Vrystaat!  Of:  Stem vroeg, stem reg, stem Nasionaal! Die Burger weer sal sterwe as hy iets met ‘n Bloubul-etiket moet goedpraat en wou in ‘n stadium van Van Zyl Slabbert niks weet nie.

 So kan ek aangaan. Oor die onderwerp van subjektiwiteit kan’n mens eindeloos voortborduur.  Ek wil nie, in elk geval nie vandag nie. Die lang aanloop beteken net ek erken dat ek intens subjektief is. Ek was dit toe ek  vrou, huis, motor, vriende, elke boek, elke das en elke paar sokkies gekies het. Ek is dit as ek ‘n mening lug as of iets vir my mooi, mooier of dalk die mooiste is.  

 Wel, hier kom dit: die tafels by ons onlangse Probusdinee op Melkbos was vir my mooi. Mooier as elke ander tafel wat ek kan onthou, hetsy by uithang-bruilofte,  spesiale verjaardae, spogdinees, vername okkasies,  Nataniël se TV-demonstrasies en wat nog.

 Ek wil waag om vir Rina Theron van Atlantic Beach die kompliment te gee dat ek nog nooit by ‘n saal ingestap het wat my asem so weggeslaan het en by ‘n tafel aangesit het wat so ‘n visuele impak op my gemaak het nie.

 Rina, wat ek al privaat vir jou gesê het, herhaal ek in hierdie blogruimte met vrymoedigheid: Dit was die mooiste tafel waarby hierdie ou nog aangesit het.  Jou harde werk was nie vergeefs nie. Dankie, Frans Ellis, vir die foto’s wat reg laat geskied aan Rina se kunswerk.

3 views

Recent Posts

See All

Probleme probleme

Die hoop het toe nie beskaam nie. Rapport het afgelope Sondag vorendag gekom met ’n noemenswaardige resensie – Trisa Hugo se skrywe oor Veldhospitaal 12, die nuwe roman deur Marinda van Zyl. Boek24? W

SKOONHEID SONDER SKROOMHEID

Op bladsy drie van Die Burger vanoggend verskyn o.m. berigte oor die Mej. Wệreldwedstryd waarin Shudu Musida SA se kroon dra, en ‘n motorfiets-uitstappie na die Hartebeespoortdam waarvan die afwesighe

© 2022 LitNet. Alle regte voorbehou | All rights reserved

bottom of page