top of page
  • Izak de Vries

Monsterstories!

Ek vind dit nog effe vreemd om só in die openbaar te sit en skryf.

Dis egter interessant, en lekker, om terugvoer te kry. Baie van my vriende stuur vir my e-posse oor die blog. Nie almal is egter opgewonde nie.

“In alle eerlikheid is die blog 'n monster.” – Dit kom van ’n vriendin in Ierland.

“Ek moes jou blog lees om te sien wat die blokkie botter in ons yskas maak.” – Kassie se vrou. (Sien my inskryfwing oor die McGrap van “gesonde” mielies vol botter.)

My ou vriend Awie is baie minder diplomaties. Hier is wat hy te sê het: “Begin liewer 'n blog genaamd my PhD en kry dit agter die rug …Dalk kan 1 000 mense jou help skryf daaraan en dan maak jy net 'n executive summary?”

Jip, die bloggosfeer is die monster van alle tydverdrywe, nie waar nie. Awie weet ek steek lyf weg ...

Tog moet ek julle wys op die een van die lekkerste kommentare wat ek gekry het – oor die einste inskrywing oor mielies ... Hier is wat sy sê: “Man, ek lees so lekker ek het jou blog heel bo aan my lys Favourites gesit het - selfs bo www.lookasgoodasvernon.co.za en www.beatupbritney.com”.

Ek kan nie help vir. Vir ’n amateurblogger om BeatUpBritney te klop. Wragtie.

Tog wonder ek hoekom niemand kommentaar lewer oor die aanvalle op die buitelanders nie. Of is julle moeg van derms uitryg?

Praat met my! Ek voel alleen!

0 views

Recent Posts

See All

© 2022 LitNet. Alle regte voorbehou | All rights reserved

bottom of page