top of page

Moeilikheid saam met maklikheid

  • Uitmelkbos
  • Apr 23, 2013
  • 2 min read

Die AE tot OE van seks, deur Riette Rust. Resensie: Kerneels Breytenbach (Boeke24) Dis maklik om resensies deur joernaliste en oud-joernaliste te onderskei van dié deur akademici – hulle lees gewoonlik makliker en lekkerder. Dit is beslis die geval met hierdie resensie deur Kerneels Breytenbach – onderhoudende trant, maklik om te volg. Daarin lê ook die probleem. Was dit ‘n akademikus wat die resensie geskryf het, sou hy/sy sekerlik pertinente vrae gevra het oor baie van die dinge wat Breytenbach prys. As ‘n resensent ‘n boek so ophemel soos Breytenbach hier doen, is dit soms nodig om in die detail in te gaan. En ofskoon hy wys op die historiese konteks van hierdie boek, laat hy na om een baie belangrike opmerking te maak, naamlik dat die uitgewer ‘n plakkertjie op die omslag laat plaas het om aan te dui dat hierdie boek “Slegs vir volwassenes” is. Ek kan nie help om te wonder hoekom hy dit misgekyk het nie – of besluit het om dit nie te noem nie?

Haar naam is Ragel, deur Helena Hugo. Resensent: Erika de Beer. (Boeke24) Mens herken ook die joernalistieke agtergrond van hierdie resensent, maar sy het in baie opsigte ‘n moeiliker taak as Breytenbach hierbo. Die boek is nie ‘n verstrooiingsroman nie. Dit het ‘n Christelike inslag en te oordeel aan De Beer se kritiek is dit dan ook die rede hoekom die skrywer ‘n spesifieke benadering volg met die twee hoofkarakters. Baie tyd in hul gedagtes, sê De Beer. Sy verduidelik dan hoekom dit die gehalte van die res van die boek skeeftrek. Uiteindelik is haar slotsom nie ingegee deur die breë geloofsagtergrond nie, maar deur die feit dat die skryfgehalte die lees bemoeilik. Dit is een van De Beer se beste resensies tot dusver.

Recent Posts

See All
Probleme probleme

Die hoop het toe nie beskaam nie. Rapport het afgelope Sondag vorendag gekom met ’n noemenswaardige resensie – Trisa Hugo se skrywe oor...

 
 
 
SKOONHEID SONDER SKROOMHEID

Op bladsy drie van Die Burger vanoggend verskyn o.m. berigte oor die Mej. Wệreldwedstryd waarin Shudu Musida SA se kroon dra, en ‘n...

 
 
 

コメント


© 2022 LitNet. Alle regte voorbehou | All rights reserved

bottom of page