Oor die wispelturigheid waarmee modes deur die eeue bejeen word, het ene James Laver die volgende wysdheid kwytgeraak:
“Een en dieselfde ontwerp sal tien jaar voor sy aanvaarding as onfatsoenlik bestempel word, vyf jaar voor sy tyd as skaamteloos, een jaar voor sy tyd as gewaag, en eers as dit in die mode is as deftig. Een jaar na sy verdwyning uit die mode word hierdie ontwerp as oninspirerend verdoem, tien jaar daarna lyk dit vir ons aaklig, twintig jaar daarna verspot, dertig jaar daarna koddig, vyftig jaar daarna sonderling, sewentig jaar daarna bekoorlik, honderd jaar daarna romanties en 150 jaar daarna pragtig.”
Ek het gisteraand weer met ‘n (manlike) kennersoog so na Isabelle van (half-) Sewende Laan se los rokke gekyk. Volgens die norme van die heer Laver sou ‘n mens nie meer daardie rokke as aaklig, verspot, koddig of sonderling kan bestempel nie.
Miskien is dit darem nog nie pragtig nie. Ek meen dit val so halfpad tussen bekoorlik en romanties.
Comments