top of page
  • Uitmelkbos

Misleidend

JB Roux skryf oor Sushi en sjampanje, deur Kristel Loots.(Boeke24) Die resensent, JB Roux, kan gegrief voel. In die papier-weergawe van die drie Media24-oggendblaaie, staan sy resensie op die Boekeblad afgedruk in die linkerkantste hoek onder, een van drie kort resensies. Dit is ’n netjiese resensie waarin Roux aandui dat die meester van chick lit in Afrikaans nog nie dieselfde vakmanskap openbaar wanneer sy ’n gewone liefdesverhaal takel nie. Slotsom, diplomaties gestel: ’n Swak poging deur Kristel Loots. In die elektroniese weergawe (webwerf én op tablet-toep) het die resensie ’n opskrif bygekry. Wie ookal daardie opskrif geskryf het, het nie die moeite gedoen om die resensie behoorlik te lees en die inhoud daarvan in die opskrif te weerspieël nie. “Loots so gewild soos roomys en sjokoladesous” is een van die min positiewe opmerkings in die resensie, maar is erg misleidend vir die leser.

Riaan Grobler skryf oor Erfstories, deur Engela van Rooyen. (Boeke24) Reklame eerder as resensie.

0 views

Recent Posts

See All

Probleme probleme

Die hoop het toe nie beskaam nie. Rapport het afgelope Sondag vorendag gekom met ’n noemenswaardige resensie – Trisa Hugo se skrywe oor Veldhospitaal 12, die nuwe roman deur Marinda van Zyl. Boek24? W

SKOONHEID SONDER SKROOMHEID

Op bladsy drie van Die Burger vanoggend verskyn o.m. berigte oor die Mej. Wệreldwedstryd waarin Shudu Musida SA se kroon dra, en ‘n motorfiets-uitstappie na die Hartebeespoortdam waarvan die afwesighe

© 2022 LitNet. Alle regte voorbehou | All rights reserved

bottom of page