top of page
  • Uitmelkbos

MINUET TOT MACARENA


Van Brahms tot Los del Rio en van die minuet tot die macarena. Dit is die ver pad wat skoolkonserte in my ondermaanse bestaan van 69 jaar en amper 11 maande gestap het.

In ‘n bloedig warm skoolsaal by Welgemoed Primêr in Bellville het Oupa dit gaan uitsweet by die 6-jarige tweeling se verhoogdebuut. Hul graad R-klassie het ‘n Flintstone-storie opgevoer met dinosourusse en dinge. Oulik.

‘n Ander klassie het laat waai op die maat van lewendige diskomusiek, met allerlei wikkelboud-danse soos die Spaanse macarena wat die musiekwêreld in die midel 90’s soos ‘n storm getref het.

‘n Derde se bydrae was ‘n onderwater-uitbeelding met haaie, seesterre, jellievisse en wat nog. Ook meerminne – pragtige klein meisiekindertjies wat op die maat van Roy Orbison se 1964-treffer Pretty Woman hul lyfies koketterig rondgeswaai het terwyl die diskoligte swiep.

Hierdie gryse se gedagtes is ver-ver teruggevoer – sy eerste skoolkonsert, Laerskool Diamantveld in Kimberley in 1947. Die uwe was in sub A. Ons klassie het ook danspassies moes leer vir die groot aand, maar – hoe het die wêreld nie verander nie! – dit was die grasieuse, romantiese minuet wat ons elke pouse vir weke der weke moes inoefen.

Op die pragtige Brahms-wals opus 39 nommer 15 (het julle al Wessel van Wyk dit hoor speel?) het ons ge-een-twee-buig, -een-twee-buig op 3/4 maat. Statig. Stadig. Stylvol. Ons kostuums was swierig en deftig soos in ‘n Franse balsaal van die 17de eeu.

Daar is dalk al ‘n saadjie geplant wat later uitgeblom het tot ‘n smaak en liefde vir klassieke komponiste soos die beroemde drie B’s (Beethoven, Bach en Brahms) en ander swaargewigte. Maar vandag se kleingoed word gevoer op ‘n musiekdieet van Latyns-Amerikaanse ritmes. Ai, ai, ai.

1 view

Recent Posts

See All

Probleme probleme

Die hoop het toe nie beskaam nie. Rapport het afgelope Sondag vorendag gekom met ’n noemenswaardige resensie – Trisa Hugo se skrywe oor Veldhospitaal 12, die nuwe roman deur Marinda van Zyl. Boek24? W

SKOONHEID SONDER SKROOMHEID

Op bladsy drie van Die Burger vanoggend verskyn o.m. berigte oor die Mej. Wệreldwedstryd waarin Shudu Musida SA se kroon dra, en ‘n motorfiets-uitstappie na die Hartebeespoortdam waarvan die afwesighe

© 2022 LitNet. Alle regte voorbehou | All rights reserved

bottom of page