Hieronder is ’n aantal foto’s van ’n baie onbaatsugtige optrede van Riana Scheepers, maar eers ’n advertensie: Riana tree 13 September in Tulbagh op.
Dit is pret om Tulbagh toe te ry. Die dorp, met sy mooi ou geboue, is maar 120 km van Kaapstad af.
Die Tulbagh Kunsfees is klein, maar die gehalte is puik. Hier is die volledige program.
Op Saterdag, 13 September om 13:00, vir die prys van ’n ete, kry jy ’n behoorlike maaltyd en jy sal ook vir Riana beleef.
Plek: Die Tulbagh Hotel in Van der Stelstraat
Prys: R150pp, dit sluit ’n tweegangmaaltyd in
Besprekings is noodsaaklik: Skakel asseblief die Tulbagh Hotel op 023 230 0071
Riana Scheepers sal staaltjie vertel en gesels oor haar boek Vallei van Melk en Heuning. Die sjef van die Tulbagh Hotel sit vir ons ’n heerlike ete voor, volgens disse uit Riana se boek.
* * *
As julle nog twyfel, hier is ’n nuusbrokkie oor iets wat onlangs verby is.
Hier is Riana in aksie ten bate van sorgbehoewende bejaardes in die Rusoord Tehuis in die Paarl. Dit het op 12 Augustus gebeur.
Riana het onder andere vertel van ’n tannie wat gekla het oor ’n man wat vreeslik vloek: “Dis of hy my ma se lyf soos ’n psalm op sy lippe neem.”
AgriMega was die groot dryfveer agter hierdie wonderlike geleentheid. Hier is Candice Goosen van AgriMega, hard aand die werk. Ek het al by verskeie geleenthede met hulle saamgewerk en was nog altyd opreg in bewondering vir die werk wat Candice en Eunice Joubert, die algemene bestuurder van Agri Mega Investments (Pty) Ltd, doen. Húlle dryf hierdie mooi geleenthede.
Besoek gerus hulle webwerf: http://www.agrimega.co.za/
Die eetgoed was baie indrukwekkend.
Die gaste is op die hande gedra. Hulle het betaal om hier te wees en die geld wat geïn is, gaan reguit na die versorging van bejaardes wat hulp nodig het.
Willem Botha, van die WAT, was die seremoniemeester wat ook tyd afgestaan het om by die geleentheid te help.
Verskeie geskenke is uitgedeel tydens ’n gelukstrekking.
LAPA het boeke geskenk vir die gelukstrekking en vir Rusoord se biblioteek.
Hier is die span wat so ontsettend hard gewerk het om alles te laat glad loop.
Die blomme en die detail was pragtig.
AgriMega was wonderlik, maar ’n paar ander instansies was ook daar om te help:
To-Nett’s: Dekor
Kingscatering: Eetgoed
Topsound: Oudio-visuele toerusting
Rusoord se span: Voorafhappies
Kommentarer