Diegene wat Saterdag Max du Preez se frontaanval teen die uwe in die naweekbylae BY gelees het en wonder wat my antwoord daarop is, kan op my webwerf, www.hennievandeventer.com/blog.html , die joernaalinskrywing onder die opskrif OOR KORRELS EN KAF gaan lees.
Dit is my enigste antwoord. Ek gaan my nie in BY in ‘n polemiek oor die kwessie laat insleep nie.
In OOR KORRELS EN KAF verwys ek nie na Du Preez se opmerkings oor my betrokkenheid by die AB nie. Daardie onderwerp is uitvoerig behandel in my boeke KRONIEK VAN ‘N KOERANTMAN en IN KAMERA, asook in koerantartikels in die jare negentig waarin ek my rol as lid en lid van die Uitvoerende Raad vir twee termyne self “aan die lig” gebring het.
Alle moontlike vrae is daarin beantwoord – of probeer beantwoord.
Comments