Aan die anderkant is die ouderdomme meestal vir die ouers/kopers bedoel, want dis hulle wat die boeke moet koop en die persone vir wie dit bedoel is, sien nie noodwendig die “ouderdom” nie – behalwe in katalogusse en waar dit uitgestal word? Die kategorieë is ook bedoel vir bemarkers, so eintlik weet ek ook nie.As ons nou van jong volwassenes praat: Watter drie jongvolwasselitboeke sal jy aanbeveel? Jammer tog – dit grief my soms baie – maar ek kry nie tyd om nuwe boeke te lees nie, kan dus nie aanbeveel nie. Mens het ook net soveel tyd. Ek het al Barrie, Leon, George Weideman se boeke gelees destyds, maar dis omdat ons vriende was. Nou is almal dood of weg. Ai – ek mis hulle!
Izak de Vries
Comentarios