top of page
  • Izak de Vries

Maropeng


Ek was vandag by Maropeng, so veertig minute se ry van Lanceria-lughawe af. Dis die moeite werd, veral as jy kinders het. Ek was daar saam met ’n swerm kinders, 2 – 12, en elkeen het dit geniet.



Ek dink ek sou dit nóg meer waardeer het as ek dalk tyd kon kry om alles te lees. My kiekies laat geensins reg geskied aan die inligting wat hulle die besoeker bied nie.

Gautengers, gaan kyk! Vir die ander, gaan loer in as julle daar kom! Veral as julle kinders het. Die museum vertel jou van die evolusie op die eenvoudigste, dog heeltemal wetenskaplike, wyse.


Jy begin op ’n bootrit deur ys en verby vuurspuwende berge, dan loop jy oor ’n tonnel wat jou sinne heeltemal stom slaan, en uiteindelik beland jy in die museum. Kinders kan dan ’n telefoon optel om ’n Dodo te bel, hulle kan video’s kyk oor die vorming van grotte, of hulle kan hulle verlustig aan hoe die homonoïede gelyk het.


Die amptelike ruimte is http://www.maropeng.co.za/

0 views

Recent Posts

See All

© 2022 LitNet. Alle regte voorbehou | All rights reserved

bottom of page