top of page
  • Uitmelkbos

MANNETJIES SE DUIK


“Dit het alles begin met ’n losskrum in die Springbokke se halfgebied. Bloemfontein, 25 Augustus 1962. Die laaste SA toets teen die Britse Leeus op hul toer deur suidelike en Oos-Afrika.

“Awie Labuschagne van die SAUK het destyds die prentjie oor die radio ingekleur: ‘Mannetjies Roux is op die middellyn, hy swenk buitentoe en klop vir Cowan, dan sny hy weer binneveld toe by Budge Rogers verby. Dis nog net Willcox voor hom. Roux maak reguit, hy mik kantlyn toe en skiet weer veld in soos ’n blits by Willcox verby.Mannetjies Roux . . . M-a-n-n-e-t-j-i-e-s R-o-u-x! Hy is op die kwartlyn. Hy trap vas en duik soos ’n spuitvliegtuig oor die doellyn! Dis ’n drie. Dis mooi. Dis voetbal!’

“Sommige sê Mannetjies Roux het daardie dag 25 tree deur die lug getrek voordat hy die glorie van die gras agter die doellyn geproe het. Ander sê dit was nader aan tien. Die rubriekskrywer Blou Willem van die dagblad  “Beeld” sê hy het as laaitie geglo Mannetjies kan bo-oor ’n Harvard-vliegtuig duik!”

Lees net  weer. Daardie toets was … in Bloemfontein. Die Vrystaat-stadion. Nie Loftus nie. Die uwe was op die paviljoen. Hy onthou dit soos gister. Herman le Roux, befaamde rugbyskrywer van daardie era, bevestig op navraag dat HvD nie verkeerd onthou nie.

In Die Burger se (gloeiende) resensie van die fliek vandag waag Laetitia Pople van “die legendariese oud-Bok Mannetjies Roux  se drie op 25 Augustus  1962 in die Springbokke se wedstryd teen die Britse Leeus op LOFTUS …”

Fout, me. Pople. Hoop nie die fout kom in die rolprent ook voor nie. Dit sal hierdie aspirant-kyker se flieklus skoon wegvat as so ‘n kritieke fout in die fliek began sou word. Ongelukkig beduiwel een so ‘n fout die geloofwaardigheid van ‘n hele projek.    Kom ons hoop maar dis net die geloofwaardigheid van die resensie wat hier in die hek duik – met ‘n sierlikw duik, soos ‘n Mannetjies op sy beste!

0 views

Recent Posts

See All

Probleme probleme

Die hoop het toe nie beskaam nie. Rapport het afgelope Sondag vorendag gekom met ’n noemenswaardige resensie – Trisa Hugo se skrywe oor Veldhospitaal 12, die nuwe roman deur Marinda van Zyl. Boek24? W

SKOONHEID SONDER SKROOMHEID

Op bladsy drie van Die Burger vanoggend verskyn o.m. berigte oor die Mej. Wệreldwedstryd waarin Shudu Musida SA se kroon dra, en ‘n motorfiets-uitstappie na die Hartebeespoortdam waarvan die afwesighe

Comments


bottom of page