top of page
  • Uitmelkbos

MAMMAS MIA


Al die Filistyne wat soos ek geglo het Moedersdag is sommer ‘n kommersiele foefie van ‘n slim bemarker, gaan lees Kobus Victor se blog op Litnet.

Volgens sy navorsing het dit uit ‘n werklike ma-dogter-verhouding ontstaan en sommer vroeg ‘n godsdienstige dimensie ook gekry.

Oor Valentynsdag moes ek al insgelyks die kop in skaamte buig, en uitroep: Mea culpa – ek was verkeerd!

Oor Vadersdag en so is ek nie seker nie, maar klaarblykliik moet ‘n mens maar versigtig wees as jy oor hierdie soort spesiale dae die mond vol het sonder dat jy regtig weet waarvan jy praat.

Kobus het by sy stukkie oor Moedersdag ‘n mooi ou-ou foto van sy eie moeder geplaas. Aangesteek deur hom, hier is ‘n foto van my oorlede ma, Baby, en Tokkie se ma, Marietjie (nou 96), saam met ons seun, Johan, circa 1975 op Buffelsbaai.

Ekskuus, ma’s, dat ek oor Moedersdag maar altyd so koeltjies was. Die dag toe my vriend Giel de Swardt se ma, Mara, my in ons hoerskooldae dwing om my ma op Klerksdorp op Moedersdag uit Welkom te bel, was ek stamelend, met ‘n mond vol tande.

Mamma mia!

1 view

Recent Posts

See All

Die hoop het toe nie beskaam nie. Rapport het afgelope Sondag vorendag gekom met ’n noemenswaardige resensie – Trisa Hugo se skrywe oor Veldhospitaal 12, die nuwe roman deur Marinda van Zyl. Boek24? W

Op bladsy drie van Die Burger vanoggend verskyn o.m. berigte oor die Mej. Wệreldwedstryd waarin Shudu Musida SA se kroon dra, en ‘n motorfiets-uitstappie na die Hartebeespoortdam waarvan die afwesighe

bottom of page