top of page
  • Izak de Vries

Maar wat kan ek doen?

Ek is bly julle het my Pahad-stuk geniet. Ek wil vanaand effens meer stemmig raak, omdat ek ’n interessante goed raakgeloop het op my en ander se blogs. Dit is belangrik om perspektief te probeer behou in hierdie malligheid.

Sonia Cabano het “realiteit-ontwykingsindroom” gepleit toe sy kommentaar gelewer het op my inskrywing “Trane en ’n klomp berou”. Dit was haar manier om te verduidelik waarom sy nie kommentaar lewer op die xenofobie nie. Tog, gaan lees haar blog. Kyk hoe gee sy om vir die bergies wat by haar kom aanklop. (Dis nou as sy nie kaal poseer nie!)

Natie Niemand het weer baie meer persoonlik gesê oor ’n Zimbabwe-vlugteling wat soms vir haar werk: “Ek werk solank aan plan B om vir hom alternatiewe blyplek te kry dat hy wanneer dit nodig raak baie vinnig uit die township kan kom. Maar wat van die ander miljoene wat nie iemand het wat vir hulle 'n plan kan maak nie?” (Sien my inskrywing “Berigte ter velde”)

En dis die punt. Ons kan hier sit en tik, maar ... Sonia is reg, help die armes en duik as die ander goed nie binne jou bereik is nie.

Ek wil graag aanbeveel dat julle hierdie stuk lees as julle meer wil weet. Dit is geskryf deur die Southern Africa Trust. Hulle doen opheffingswerk regdeur Suidelike Afrika. In het korte sê hulle die geweld is grootliks te wyte aan armoede. Dit is nie toevallig dat dit uitbreek op ’n tyd wat kospryse geweldig vinnig styg nie.

Dus: Ons kan help deur armoede te beveg. Hoe? Deur kos uit te deel, soos Sonia. Deur ’n verskil te maak aan een persoon, soos Natie. Ek skenk geld aan die Southern Africa Trust, dis hoekom ek hulle nuusbrief kry. Dalk is daar ’n sopkombuis in jou omgewing?

Alle bietjies help. Ons kan nie die miljoene help nie, Natie.


0 views

Recent Posts

See All

© 2022 LitNet. Alle regte voorbehou | All rights reserved

bottom of page