top of page
  • Uitmelkbos

MAAND VAN VIERLINGE

Vandag, Saterdag 6 Februarie 2010, is die eerste Saterdag van vier in dié maand. More, Sondag 7 Februarie, is ook die eerste Sondag van vier.

Volg hierdie leidraad, en ontdek Februarie 2010 is nie sommerso se maand nie Sy gelyke kom net een keer in 11 jaar verby. Dit maak hom heelwat uitsonderliker as die “blou maan” (twee volmane in een maand) waaroor ek Oujaarsdag opgewonde was. Dié duik elke twee tot drie jaar op.

Nog nie agtergekom wat Februarie 2010 onderskei nie?

Tel dan ook die getal Maandae, Dinsdae, Woensdae, Donderdae en Vrydae. Almal kom in ‘n identiese pakkie van vier – ‘n maand van vierlinge as ‘t ware!

Sewe maal vier is gelyk aan 28 dae. QED. (HvD)

Ns. Jammer, kon nie my hand lê op ‘n los Afrikaanse almanak om in te skandeer nie.

0 views

Recent Posts

See All

Die hoop het toe nie beskaam nie. Rapport het afgelope Sondag vorendag gekom met ’n noemenswaardige resensie – Trisa Hugo se skrywe oor Veldhospitaal 12, die nuwe roman deur Marinda van Zyl. Boek24? W

Op bladsy drie van Die Burger vanoggend verskyn o.m. berigte oor die Mej. Wệreldwedstryd waarin Shudu Musida SA se kroon dra, en ‘n motorfiets-uitstappie na die Hartebeespoortdam waarvan die afwesighe

bottom of page