top of page
  • Izak de Vries

Lungi was pragtig

Lungi is nie meer nie.

Dié van julle wat Kleinboer se wonderlike roman Kontrei gelees het, sou weet dat Lungi Kleinboer se geliefde was. Tog het nie baie mense geweet dat daar ’n ware, egte, regte en pragtige Lungi was nie.

Die dag toe Kleinboer die knoop deurgehaak het daar in die (papnat) township net buite Pietermaritzburg, het Lungi gegloei. Sy was pragtig. Haar seun se glimlag was amper ewe groot.

Dit was kort na sy roem met Kontrei.

Kleinboer het foto’s gestuur, maar hy het hy my die dood voor die oë gesweer as ek hulle sou plaas. Anders as sy hardegat buitekant, is Kleinboer ’n sagte, inkennige mens aan die binnekant.

Genade.

Goeie genade. Nou gaan Kleinboer begrafnis hou daar in die rooi klonte van Natal.

Hamba kahle, dadewethu.

2 views

Recent Posts

See All

© 2022 LitNet. Alle regte voorbehou | All rights reserved

bottom of page