top of page
  • Uitmelkbos

LUIPERD-VRESE

 Toe ons Sabiepark binnery,  was die prominente kennisgewing op die swartbord by die hek:  Leopard in the park! Mooi skets van ‘n luiperd daarby. Ek het dadelik die tweeling voor die bord afgeneem (foto hierbo).   Die kunstenaar is Abey, vriendelike nuwe hekwag.  Toe ons ry, was Abey se skets, en die waarskuwing steeds op die bord.

 Die luiperd(-s) was oor Nuwejaar hier, daar en oweral.  Verskeie Sabieparkers het op verskillende tye een teëgekom – ‘n verbaasde eienaar glo op sy stoep. Dié gevaarlike roofdier het ‘n middagslapie kom vang. ‘n  Middag was een lank in Wildevylaan rond, naby die driffie ten ooste van Tarlehoet, en een oggend by bure, Rob en Beth Meyers van 152, net om die draai in Apiesdoringlaan.  Elvis van Sabiepark het ‘n groot mannetjie doodluiters om 14:45 op die piekniekplek se parkeerterrein sien ronddwaal.

 Met dié Meneer/Menere/Dames se aptyt skort niks.  ‘n Wildebeeskalfie is ‘n middag om 16:00 uitgehaal en twee dae later ‘n volwasse wildebees.  Intussen is ‘n rooibok platgetrek. Ook die park se kwynende vlakvarkbevolking raak vinnig uitgedun. Die dankbare hiënas tjank aaneen oor die vele karmenaadjies.  

 Tarlehoet se mense het in 18 dae geen teken van ‘n luiperd gewaar nie. Ironies, was dié pragdier in sy afwesigheid tog, ook vir ons,  ‘n oorheersende teenwoordigheid.  Die tweeling-kleinkinders Jacob en Thomas is lief vir die veld en versot op stap.  Hulle geniet die bome, spore  en mis. Oupa het egter niekansgesien om hulle aan die risiko van ‘n dwalende luiperd bloot te stel nie.  

 Omte skrikkerig te wees om te stap, is vir die VanD’s ‘n hartseer-saak.  Ongelukkig weet ek nie of ek ooit weer gerus genoeg sal raak nie. Dalk is ons heerlike wandelinge maar iets vir “memory lane” en die foto-albums.

 Sommige meen my vrese is oordrewe. “Hy raak oud, die ou kêrel.” ‘n Vriend het kom praat. Luiperds was nog altyd deel van Sabiepark, is sy standpunt.  Almiskie, het ek geantwoord.  In die verlede is gevaarlike diere verdoof en verwyder – of selfs doodgeskiet – as hulle Sabieparkers se veiligheid bedreig. Enkele jare gelede het een ewe astrant oor die swembad se heining gespring. Daar is vinnig op hom toegeslaan.

 Verskeie sulke insidente is opgeteken. Luiperds was in elk geval nog nooit so onbelemmerd tuis in park soos die afgelope jaar of twee nie.  

 Terug op Melkbos, kry ek ‘n brief van ‘n vriendin: “Ons gaan Sondag vir ‘n week na Sabiepark en ek het gewonder wat jy bedoel met die ‘luiperdbedrywighede’. Kanek regtig nie met my kleindogter gaan stap nie, en is dit veilig as sy daar in die binnehof by ons huis speel? ”

 My antwoord was doodeerlik: “Ekself sien niekansom met my kleinkinders te stap nie, al het ons dit as yslike beperking ervaar. Jul binnehof is bepaald veiliger. Maar waar is jy 100% gewaarborg? ‘n Luiperd het al op die parkhoof se stoep ‘n hondjie kom vat.  Soos dinge ontwikkel, flikker die gevaarligte al hoe meer vir my dat ‘n ramp homkanafspeel: hetsy werker/besoeker”.

 Ek kon bygevoeg het dat selfs ‘n buitengewoon groot koedoekoei al in Sabiepark ‘n slagoffer was. Wanneer word dit ‘n mens se beurt? Al sê wie ook wat: Dat ‘n luiperd in Sabiepark ‘n menskanaanval – soos in Skukuza se personeeldorp in ‘n kort rukkie twee aangeval is, die laaste ‘n skoolkind met sy boeksakkie op sy rug – is in die lig van al die rooi ligte wat flikker, vir my werklik ‘n diepe bekommernis.   

 Een ding weet ek: as mensebloed gevloei het, sal ons hartsplekkie nooit weer dieselfdekanwees nie.

 In die jongste Nuusbrief is inligting oor die regskoste wat enkele hardekwas-eienaars vir Sabiepark op die hals haal met hul uitdaging van algemene reëls. Ditkanheffings opjaag, word gewaarsku. Die harde werklikheid is natuurlik dat die huidige regskoste ‘n vulletjie sal wees teen die enorme prys wat dit van almal gaan verg as ‘n honger of siek luiperd, ná al die waarskuwings, ‘n niksvermoedende stapper, braaier of werksmens sou vat.

 Hoop maar ek is sommer net Bangjan, en sien werklik net spoke, soos my vriend beweer.  

Naskrif:  Sebras was, aan die positiewe kant, ‘n gedurige plesier vir die Tarlehoeters, soos hierdie foto en vorige nagfoto’s by ons watergatjie aantoon.  Die kordate klein kameelperdjie het meer as een keer sy opwagting op ons werf gemaak.  Dan het ons jou werklik weer ‘n inwonende veldlikkewaan wat gereeld in die skadu van die dak se oorhang ontvlugting van die somerson kom soek. Bosnagape het elke aand kom piesang haal.   Maar die nagapies was nog nooit so skaars nie. Seker oorgenoeg smulkos in die welige veld.

0 views

Recent Posts

See All

Probleme probleme

Die hoop het toe nie beskaam nie. Rapport het afgelope Sondag vorendag gekom met ’n noemenswaardige resensie – Trisa Hugo se skrywe oor Veldhospitaal 12, die nuwe roman deur Marinda van Zyl. Boek24? W

SKOONHEID SONDER SKROOMHEID

Op bladsy drie van Die Burger vanoggend verskyn o.m. berigte oor die Mej. Wệreldwedstryd waarin Shudu Musida SA se kroon dra, en ‘n motorfiets-uitstappie na die Hartebeespoortdam waarvan die afwesighe

Comments


bottom of page