top of page
Chomsetussenbetragtings

Los gedagtes...

Na 'n warrelwindweek sover en 'n mase hoofpyn vroeer vandag, kan ek uiteindelik bietjie asemhaal en vinnig 'n tydjie aan my gunsteling-tydverdryf spandeer. Het omtrent al amper beginne onttrekkingsimptome kry... Nietemin, die wolf is darem effe van die deur af na die Knaap se dramas Dinsdag met die gereg. Behalwe dat my lorrie my in die steek gelaat het op die einste Dinsdagoggend en ek nou met Knaap se zef opgesopte kar moet ry ("Mamma ek loop maar eerder eers weer vir 'n ruk... al die spietkops ken my nou") het ek amper een van my kollegas aangerand daardie middag. Ek vergeet nou wie van julle het onlangs met die woord "pielewapper" vorendag gekom, maar dis wat ek op die punt was om genoemde kollega sommer twee van te gee, toe hy een van my beste foto's ever laat "verdwyn" het. Was van 'n vrou by 'n ongelukstoneel - darem net haar bene en die klomp ambulansmense en die drip en goed, moerse emosionele foto. Haar eie persoonlike eksman het Vrydagmiddag drie keer(!) oor haar gery in die straat. (Het my Vrydagaand 'n halwe bottel whizza gekos om die vrou se geskreeu uit my ore uit te kry). Anyway, terug by die foto wat MIA is in die kuberdieptes in. Glo die server, 'n virus en ek weet nie watse kak nog alles se skuld nie. Persoonlik is ek redelik oortuig hy het dit opsetlik gedelete, omdat ek die vorige dag vir hom gese het hy raak nie weer aan my rekenaar nie. (Nadat omtrent die hele kantoor se rekenaars geformat moes word - gelukkig nie myne nie - omdat hy aangejaag het). Het julle ook sulke mense wat saam met julle werk wat (a) NOOIT skuldig is nie, en NIKS verkeerd doen nie;

(b) ALLES weet; (c) Alles in sy/haar vermoe sal doen om ander te diskrediteer; en (d) ALTYD die donnerse verontregte is? Sjoe, in retrospeksie het ek rerig 'n uiters shitty dag gehad Dinsdag. Ook maar goed ek besef dit nou eers. Behalwe vir die hoofpyn was vandag eintlik heel great. Het netnou gaan foto's neem by 'n perdeskool, onder andere hierdie allercuteste knapie ook. 'n Volle dwie jaawtjies oud, en sy boetie van viel...


OK daar gat ek nou... sal DV later vanaand gou weer bietjie kom inloer.

1 view

Recent Posts

See All

Net 9 disse?

Kom ek op hierdie interessante berig in die Sowetan af vandag, en herken myself toe baie goed! Alhoewel die studie onder die Britte...

My kortverhale (wow, dit was pret!)

Hy klap die agterdeur met 'n dawerende slag agter hom toe. Sy bly op die vloer sit, en vryf oor haar brandende wang. *** "Mamma, waar's...

Joeeeeehoeeee! Ek's terug! (dink ek...)

Hallo liewe blogvriende! Ja, vir die eerste keer in VIER maande het ek weer soortvan internettoegang! Dankie vir die van julle wat my nie...

Comments


bottom of page